Oueromsendbrief 05 van 2018

Geagte Ouers

PERSONEEL
Baie geluk aan Mev. Morgan en haar man met die geboorte van hul pragtige babadogter. Mag julle haar geniet en met baie liefde grootmaak.
Mev. Sarie van Aswegen neem tydelik in Mev. Mogan se pos waar. Ons het groot waardering vir u bereidwilligheid om ons te help.

LEED
Mnr. Stander is onverwags in die hospitaal opgeneem om ‘n hartomleiding te ondergaan. Ons dra hom op aan ons Hemelse Vader en bid vir ‘n spoedige herstel. Ons vra dan ook dat u asseblief die familie se privaatheid gedurende hierdie tyd sal respekteer.

SKOOLVAKANSIEDAE VIR DIE JAAR
Maandag, 30 April 2018 en Vrydag, 10 Augustus 2018 is skoolvakansiedae.

KOEKVERKOPING
Baie dankie aan al die graad 6-ouers wat ruim bygedra het en behulpsaam was met die verkoping. Ons samel ‘n pragtige bedrag van R10 890.00 in.

CHRISTIEN BESOEK DF
Die bekende skrywer, Christien Neser, besoek DF Woensdag, 21 Februarie 2018. Ons wil graag ons leerders aanmoedig om van haar boeke te lees voor haar besoek. Ons vra graag ons ouers se ondersteuning in dié verband. Die boekuitstalling is Maandag, 26 Februarie 2018 en 27 Februarie 2018 vanaf 07:30 – 14:30.

REDENAARS
‘n Vergadering vir alle ouers en deelnemers wat aan die radikale kompetisie wil deelneem, moet op Dinsdag, 13 Februarie 2018, om 18:00 in die skoolsaal bymekaar kom.

KOOR
Die koor begin, Vrydag, 9 Februarie, oefen. Oefening is elke Vrydag van 14:10 tot 15:15. Atlete sal hierdie Vrydag verskoon word. Vrydag, 16 Februarie 2018, sal daar geen kooroefening wees nie as gevolg van die Interlaer.

SKAAK
Ons begin volgende Woensdag (14 Februarie 2018) met die uitspele vir hierdie jaar se skaakspanne. Almal wat graag in ‘n span wil wees, moet by die volgende personeel, met jou skaakstel aanmeld:

  • Gr. 1 – 3 Me Barbara Brits (Kamer 52)
  • Gr. 4 – 5 Me Alida Henderson (Mediasentrum)
  • Gr. 6 – 7 Me Marietjie Vorster (Kamer 39)
    Tye:
    Gr. 1 – 3 13:20 – 14:00
    Gr. 4 – 5 14:00 – 15:30
    Gr. 6 – 7 14:00 – 15:30

NB. Ons is dringend op soek na ‘n persoon om ons te help met die afriting van die O/9-span. Kontak asseblief die kantoor.

ATLETIEK: INTERLAER 16 FEBRUARIE 2018
Die interatletiekbyeenkoms vind plaas op Vrydag, 16 Februarie 2018 (alternatief, indien dit sou reën, verskuif na Saterdag, 17 Februarie 2018), te Hoërskool Transvalia. Daar is ‘n gesamentlike besluit deur al die betrokke laerskole geneem dat die nie-atlete op daardie dag by die huis moet bly (sluit die Graad R-leerders in).
Die interspan sal Maandag, 12 Februarie 2018, bekend gemaak word.
Atlete wat in die interspan is, moet in atletiekdrag deelneem wat by die skool te koop is.

ATLETIEKDRAG
Atletiekhempies kan by Mev Munnik aangekoop word. Pryse wissel vanaf R220 – R300.

Atletiekdatums

  • 16 Februarie Interlaer
  • 22 Februarie D8-Kampioenskappe
  • 2 Maart Gauteng-Atletiekkampioenskappe
  • 3 Maart Gauteng-Atletiekkampioenskappe
  • Verdere inligting sal volg soos die byeenkomste plaasvind.

RUGBY
Ons beoog om ‘n rugby-akademie vir ons O/9 – O/13-seuns by Laerskool DF Malherbe te begin. Mnr Dewald Pieters gaan Woensdag, 14 Februarie 2018, om 14:00 ‘n demonstrasie lewer van alles wat u met die akademie te wagte kan wees. Indien u sou belangstel om u kind na die akademie te stuur, kan u na die demonstrasie inskrywingsvorms by hom kry.
Die kostes beloop R180 per leerder per maand. U kind sal vier sessies per maand afrigting ontvang. Verdere inligting sal deur Mnr Pieters aan u beskikbaar gestel word.

SUBSIDIES
Aansoeke vir subsidievorms, kan by Mev. Magriet Labuschagne in die kantoor afgehaal word.
Aansoeke sluit op Woensdag, 28 Februarie 2018. Vorms moet asseblief volledig voltooi wees.

KAAPSTAD WATERWEEK 5 – 9 FEBRUARIE 2018
Baie dankie vir die ondersteuning met die waterprojek vir die Kaap. Dit word opreg waardeer. Môre is die laaste dag as u nog water wil skenk.

MY SCHOOL CARD
Baie dankie aan ons ouers wat reeds van My School Card gebruik maak. Dit is ‘n kaart waarvoor ouers kan aansoek doen en gebruik word waar u aankope in die dorp doen. Die skool ontvang dan ‘n persentasie van ouers se aankope. Aansoekvorms is by die skoolkantoor beskikbaar. Graad R- en 1-leerders ontvang vandag hulle vorms. U kan ook u vorm per e-pos na kantoor@ldfm.co.za stuur.

Indien u oor ‘n Makro-kaart beskik, kan u dit gerus ook by Makro aan Laerskool DF Malherbe gaan koppel. Die skool ontvang ook ‘n persentasie van Makro indien u kaart aan die skool se naam gekoppel word. Met u hulp in hierdie verband, help dit om ook die skool se fondse te versterk.

WEBTUISTE
Ons webtuiste (ldfm.co.za) is weer aktief. U kan gerus daar gaan kyk na ons skool se inligting en aktiwiteite.

Gr. 4 -7 13 FebruarieAfrikaans Begripslees
15 FebruarieEngels Begripslees
19 FebruarieSW : Geografie
21 FebruarieAfrikaans
Slegs Gr 7 26 FebruarieTegnologie
27 FebruarieEngels
1 MaartWiskunde
5 MaartSW: Geskiedenis
7 MaartLO / LW
Slegs Gr 7 9 MaartEBW
12 MaartNW
14 Maart KK

DIE ROOIKOMBUIS
Die Rooikombuis is nou volstoom aan die gang. Ons sien dat die leerders die kos regtig baie geniet. Ons wil graag ons “Whatsapp” stelsel onder ons ouers se aandag bring.

U kan ’n volledige bestelling op “whatsapp” plaas. Dit moet net die vorige aand of voor pouse geplaas word sodat u kind sy/haar kos gedurende pouse kan kry. U as ouer kan self ook ‘n rekening vir u kind by die Rooikombuis oopmaak.

Die “whatsapp” nommer: 063 188 5638

Bank besonderhede
BANK: FNB
Rek: 62741896718
Verw: Kind naam en van.

STOORPLEK
Veilige en netjiese stoorplek te huur. Kontaknommer (079 697 607)

MG HOKKIE
Ons begin reeds 7 Februarie 2018 met ons eerste oefening!!!!
Woensdae
Juniors Graad R-2 (13:15-14:00)
Seniors Graad 3-7 (14:00-15:30)
Kostes R150 per maand
Wees gereed vir die seisoen en knap jou vaardighede op!!!
Trek gemaklik aan en bring jou stok en bal!!!
Meer inligting: Marihana 072 867 8740 / Geraldt 082 588 0668

DF-groete