Oueromsendbrief 06 van 2018

Geagte Ouers

BEHEERLIGGAAMVERKIESING
Op Dinsdag, 13 Maart 2018, is daar verkiesing van die beheerliggaam om 18:00 in die saal.
Indien daar nie ‘n kworum is nie, sal die volgende verkiesing op Maandag, 19 Maart 2018, om 18:00 plaasvind.

ERNSTIGE BEROEP OP OUERS
Ons doen ‘n beroep op ons ouers om asseblief toe te sien dat die leerders NIE sonder toestemming ons skoolgronde verlaat nie. U moet u kind self by die kantoor uitteken.
Ons het ook ‘n probleem met leerders wat op hul selfone hulle ouers bel om hulle by die skool te kom haal. Dit mag glad nie gebeur nie!! Slegs oproepe wat vanaf die kantoor gemaak word, is toelaatbaar. Fone sal van leerders geneem word en in die kluis gebêre word tot die einde van die kwartaal.

RADIKALE REDENAARS
Ons kompetisie is uitgestel na Donderdag, 30 Augustus 2018. Let asseblief op die datum. Daar is nou genoeg tyd vir ons leerders om goed voor te berei. Meer inligting sal later in die jaar gegee word.

KOOR
Oefening is elke Vrydag van 14:10 tot 15:15.

RUGBY

 

SpanAfrigtersOefendaeOefentye
0/9Mnr. Purcell
Mnr. Knoetse
Maandae, Dinsdae en Donderdae14:00 – 15:00
0/10Mnr. Venter
Mnr. Dednam
Maandae, Dinsdae en Donderdae14:00 – 15:00
0/11Mnr. Hills
Mnr. Hattingh
Maandae, Dinsdae en Donderdae14:00 – 15:00
2de SpanMnr. ScheepersMaandae, Dinsdae en Donderdae15:00 – 16:00
1st SpanMnr. Nel
Mnr. Kitching
Mnr.Lamont
Maandae, Dinsdae en Donderdae15:00 – 16:15

Atletiekdatums

  • 22 Februarie D8-Kampioenskappe
  • 2 Maart Gauteng-Atletiekkampioenskappe
  • 3 Maart Gauteng-Atletiekkampioenskappe
    Verdere inligting sal volg soos die byeenkomste plaasvind

NETBAL
Netbaloefening is elke Maandag, Dinsdag en Donderdag vir die 0/10 – 0/13.
Oefentye: Direk na skool tot 15:00
Afrigters:
0/10 – Mej. Cranswick, Mev. Dannhauser en Mev. Meijer
0/11 – Mev. Bosch, Mev. Dunker en Mev. Marais
0/12 – Mev. Munnik, Mev. Brits en Mev. Breet
0/13 – Mev. Mattheüs en Mev. Engels
0/10 – 0/13 A-spanne speel reeds 12 Maart 2018 aandreeks.

MINI-NETBAL
Oefening begin Maandag, 26 Februarie 2018, vir die graad 1’s.
Oefening begin Dinsdag, 27 Februarie 2018, vir graad 2 en 3 as gevolg van gradering.
Oefentye:
Gr 1 en 2 = 13:15 – 14:15
Gr 3 = 13:30 – 14:30
Afrigters:
Gr 1 = Mev. Hills, Mev. Kirsten en Mev. Oelofse
Gr 2 = Mev. Schoeman en Mev. Henderson
Gr 3 = Mev. Engelbrecht en Mej. Oosthuizen
Indien daar ouers is wat bereid is om te help, kan u Mev. Hills kontak. Ouers mag ongelukkig nie afrig in die graad waar u kind is nie.

SKAAK
Ons speel Woensdae die uitspele vir hierdie jaar se skaakspanne. Almal wat graag in ‘n span wil wees, moet by die volgende personeel, met jou skaakstel, aanmeld:
Gr. 1 – 3 Mev. Barbara Brits (Kamer 52)
Gr. 4 – 5 Mev. Alida Henderson (Mediasentrum)
Gr. 6 – 7 Mev. Marietjie Vorster (Kamer 39)
Tye:
Gr. 1 – 3 13:20 – 14:00
Gr. 4 – 5 14:00 – 15:30
Gr. 6 – 7 14:00 – 15:30

NB. Ons is dringend op soek na ‘n persoon om ons te help met die afriting van die O/9-span. Kontak asseblief die kantoor.

SUBSIDIES
Aansoeke vir subsidievorms, kan by Mev. Magriet Labuschagne in die kantoor afgehaal word.
Aansoeke sluit op Woensdag, 28 Februarie 2018. Vorms moet asseblief volledig voltooi wees.

DIE ROOIKOMBUIS
Die Rooikombuis is nou volstoom aan die gang. Ons sien dat die leerders die kos regtig baie geniet. Ons wil graag ons “Whatsapp”-stelsel onder ons ouers se aandag bring.

U kan ’n volledige bestelling op “whatsapp” plaas. Dit moet net die vorige aand of voor pouse geplaas word sodat u kind sy/haar kos gedurende pouse kan kry. U as ouer kan self ook ‘n rekening vir u kind by die Rooikombuis oopmaak.

Die “whatsapp” nommer: 063 188 5638

Bankbesonderhede
BANK: FNB
Rek: 62741896718
Verw: Kind naam en van.

MG HOKKIE
Ons het reeds 7 Februarie 2018 met ons eerste oefening begin!!!!
Woensdae
Juniors Graad R-2 (13:15-14:00)
Seniors Graad 3-7 (14:00-15:30)
Kostes R150 per maand
Wees gereed vir die seisoen en knap jou vaardighede op!!!
Trek gemaklik aan en bring jou stok en bal!!!
Meer inligting: Marihana 072 867 8740 / Geraldt 082 588 0668

Geagte Ouers

Ons beoog om in die toekoms die DF MALHERBE GAZETTE elektronies (per E-pos) te versprei aan alle belangstellende ouers van Laerskool DF Malherbe. U E-pos adres sal vertroulik gehanteer word en nie aan enige ander partye deurgegee word nie.

Sou u belangstel om die DF MALHERBE GAZETTE elektronies op ‘n maandelikse basis te ontvang, stuur ‘n e-pos aan die skool voor/op Vrydag, 9 Maart 2018.

Baie dankie!

 

DF-groete

“Wat oorwin die meeste probleme? Geduld en moed.” –Ralph Waldo Emerson