Oueromsendbrief 07 van 2018

Geagte Ouers

BEHEERLIGGAAMVERKIESING
Op Dinsdag, 13 Maart 2018, is daar verkiesing van die beheerliggaam om 18:00 in die saal. Indien daar nie ‘n kworum is nie, sal die volgende verkiesing op Maandag, 19 Maart 2018, om 18:00 plaasvind.

WATERKASKENADES: 27 MAART 2018
Dit is vir al die leerders vanaf graad R – 7. Die rugbyveld gaan vol waterglybane, springkastele en vele meer pretaktiwiteite wees. Dit kos R50 per leerder en die bedrag kan solank by die klasonderwysers inbetaal word. Daar sal ook heerlike eetgoed op die dag te koop aangebied word byvoorbeeld ‘n “combo”. Die graad R-leerders se waterspele vind plaas by hulle klasse.

FOTO’S
Klas- en individuele foto’s word op Donderdag, 22 Maart 2018, van die leerders (Gr R – Gr 7) geneem.
Daar is ‘n nuwe prosedure vir betaling en bestelling van foto’s wees. Verdere inligting sal deurgegee word.

RADIKALE REDENAARS
Ons kompetisie is uitgestel na Donderdag, 30 Augustus 2018. Let asseblief op die datum. Daar is nou genoeg tyd vir ons leerders om goed voor te berei. Meer inligting sal later in die jaar gegee word.

RUGBY

SpanAfrigtersOefendaeOefentye
0/9Mnr. Purcell
Mnr. Knoetse
Maandae, Dinsdae en Donderdae14:00 – 15:00
0/10Mnr. Venter
Mnr. Dednam
Maandae, Dinsdae en Donderdae14:00 – 15:00
0/11Mnr. Hills
Mnr. Hattingh
Maandae, Dinsdae en Donderdae14:00 – 15:00
2de SpanMnr. ScheepersMaandae, Dinsdae en Donderdae15:00 – 16:00
1st SpanMnr. Nel
Mnr. Kitching
Mnr.Lamont
Maandae, Dinsdae en Donderdae15:00 – 16:15

Atletiekdatums

  • 22 Februarie D8-Kampioenskappe
  • 2 Maart Gauteng-Atletiekkampioenskappe
  • 3 Maart Gauteng-Atletiekkampioenskappe
    Verdere inligting sal volg soos die byeenkomste plaasvind

NETBAL
Netbaloefening is elke Maandag, Dinsdag en Donderdag vir die 0/10 – 0/13.
Oefentye: Direk na skool tot 15:00
Afrigters:
0/10 – Mej. Cranswick, Mev. Dannhauser en Mev. Meijer
0/11 – Mev. Bosch, Mev. Dunker en Mev. Marais
0/12 – Mev. Munnik, Mev. Brits en Mev. Breet
0/13 – Mev. Mattheüs en Mev. Engels
0/10 – 0/13 A-spanne speel reeds 12 Maart 2018 aandreeks.

MINI-NETBAL
Oefening begin Maandag, 26 Februarie 2018, vir die graad 1’s.
Oefening begin Dinsdag, 27 Februarie 2018, vir graad 2 en 3 as gevolg van gradering.
Oefentye:
Gr 1 en 2 = 13:15 – 14:15
Gr 3 = 13:30 – 14:30
Afrigters:
Gr 1 = Mev. Hills, Mev. Kirsten en Mev. Oelofse
Gr 2 = Mev. Schoeman en Mev. Henderson
Gr 3 = Mev. Engelbrecht en Mej. Oosthuizen
Indien daar ouers is wat bereid is om te help, kan u Mev. Hills kontak. Ouers mag ongelukkig nie afrig in die graad waar u kind is nie.

SKAAK
Ons speel Woensdae die uitspele vir hierdie jaar se skaakspanne. Almal wat graag in ‘n span wil wees, moet by die volgende personeel, met jou skaakstel, aanmeld:
Gr. 1 – 3 Mev. Barbara Brits (Kamer 52)
Gr. 4 – 5 Mev. Alida Henderson (Mediasentrum)
Gr. 6 – 7 Mev. Marietjie Vorster (Kamer 39)
Tye:
Gr. 1 – 3 13:20 – 14:00
Gr. 4 – 5 14:00 – 15:30
Gr. 6 – 7 14:00 – 15:30

NB. Ons is dringend op soek na ‘n persoon om ons te help met die afriting van die O/9-span. Kontak asseblief die kantoor.

KOEKVERKOPING
Die graad 2’s hou Vrydag, 1 Maart 2018 ‘n koekverkoping. Onthou om ‘n geldtjie saam te bring.

Graad 7
As enige graad 7 ouer betrokke wil wees met die reël en werk van die golfdag, Whatsapp/mail vir:
Carel Wille 082 826 6177 – wille.carel@gmail.com
Anton van Dam 083 453 9581

MG HOKKIE

Ons het reeds 7 Februarie 2018 met ons eerste oefening begin!!!!
Woensdae
Juniors Graad R-2 (13:15-14:00)
Seniors Graad 3-7 (14:00-15:30)
Kostes R150 per maand
Wees gereed vir die seisoen en knap jou vaardighede op!!!
Trek gemaklik aan en bring jou stok en bal!!!
Meer inligting: Marihana 072 867 8740 / Geraldt 082 588 0668

Geagte Ouers

Ons beoog om in die toekoms die DF MALHERBE GAZETTE elektronies (per E-pos) te versprei aan alle belangstellende ouers van Laerskool DF Malherbe. U E-pos adres sal vertroulik gehanteer word en nie aan enige ander partye deurgegee word nie.

Sou u belangstel om die DF MALHERBE GAZETTE elektronies op ‘n maandelikse basis te ontvang, stuur ‘n e-pos aan die skool voor/op Vrydag, 9 Maart 2018.

Baie dankie!

 

DF-groete

“Wat oorwin die meeste probleme? Geduld en moed.” –Ralph Waldo Emerson