Oueromsendbrief 09 van 2018

Geagte Ouers

KOPLUISE
Hierdie bly ‘n geweldige probleem!!
Daar is leerlinge se koppe wat moontlik besmet is met luise. Ons weet dat hulle beddegoed en haarborsels ook behandel MOET word. Help ons asseblief in hierdie veband. Ondersoek asseblief u kind se kop.
‘1 day lice spray’ is beskikbaar by Cormed apteek @ R110

BEHEERLIGGAAMVERKIESING
Tydens Dinsdag, 13 Maart 2018, se beheerliggaamverkiesing was daar nie ‘n kworum nie. Daar is 11 kandidate genomineer waarvan u ses moet kies.
Die volgende verkiesing is op 19 Maart 2018, om 18:00 in die skoolsaal. U teenwoordigheid sal hoog op prys gestel word.

SWEM
Die swemgala vind op 24 Maart 2018, te Broadlands, Meyerton plaas.
Inskrywings is beperk, dus kan slegs leerders wat professionele afrigting ontvang en swemmers wat reeds sertifikate en medaljes van vorige galas het, deelneem.

WATERKASKENADES: 27 MAART 2018
Dit is vir al die leerders vanaf graad R – 7. Die rugbyveld gaan vol waterglybane, springkastele en vele meer pretaktiwiteite wees. Dit kos R50 per leerder en die bedrag kan solank by die klasonderwysers inbetaal word. Daar sal ook heerlike eetgoed op die dag te koop aangebied word, byvoorbeeld ‘n “combo”. Die graad R-leerders se waterspele vind by hulle klasse plaas.

FOTO’S
Klas- en individuele foto’s word op Donderdag, 22 Maart 2018, van die leerders (Gr R – Gr 7) geneem.
Daar sal ‘n nuwe prosedure vir betaling en bestelling van foto’s wees. Verdere inligting sal deurgegee word.

MINI-NETBALKLINIEK 0/7 – 0/9
Ons herinner u aan die mini-netbalkliniek wat die 23ste en 24ste Maart 2018, plaasvind. Die kostes beloop R250 per leerder en is betaalbaar by Me. Hills voor of op 16 Maart 2018. Dit gaan ‘n verrykende kliniek wees en enige Graad 1 tot 3 dogter sal daarby baat vind.

NETBAL
Baie sterkte aan ons dogters wat hierdie naweek op hul jaarlikse netbaltoer, te Klein Kariba, gaan. Ons weet julle gaan baie leer en hou ons skool se naam hoog. Baie dankie Mevv. Mattheüs en Engels wat ons dogters op die toer vergesel.
Sterkte aan ons netbaldogters wat Saterdag, 17 Maart 2018, in Boksburg by E. G. Jansen aan die Gauteng-proewe gaan deelneem. Hulle is:

  • 0/12 Veronique van der Merwe
  • 0/13 Kylie Koekemoer, Cleanté-Monette Kitching

SKRYFBEHOEFTES (Veral KK, Teg en LO)
Ons vra asseblief vir alle graad 4 tot 7-ouers om toe te sien dat u kind die nodige skryfbehoeftes skool toe bring.

HANDHAWER
Sterkte aan al ons netbal- en rugbyspanne wat Saterdag, 17 Maart 2018, te Handhawer aan die sportdag deelneem.

KASKARWEDREN
Ons jaarlikse kaskarwedren vind op 4 Mei 2018, plaas. Hou die dag oop. Volledige inligting sal later deurgegee word.

RUGBY-AKADEMIE
Die rugby-akademie het reeds Woensdag, 14 Maart 2018, begin. Indien daar nog kinders is wat wil aansluit, is hulle welkom om volgende Woensdag die akademie by te woon. Dis elke Woensdag vanaf 15:00 – 16:00.

GEBEDSBOKSIE
Indien u ‘n behoefte het aan ‘n gebedsversoek, kan u gerus u naam op ‘n papiertjie skryf en in die gebedsboksie by die ontvangs gooi.

UITREIK
Milah Engelbrecht, ‘n leerder van Rustenburg, moet baie dringend ‘n breinoperasie ondergaan. Die kostes daaraan verbonde is ongelooflik baie, daarom wil ons skool ook ons deel doen om haar mediese kostes te probeer verlig.

Op 16 Maart 2018, gaan ons ‘n muntlegging hou en volgende week gaan ons ‘n rugby-raai hou. Al die fondse wat ons insamel, sal dan vir Milah se operasie geskenk word. Baie dankie dat ons op u as ouers kan staatmaak om sodoende met hierdie groot projek, te help.

SKAAK
Geen oefening/uitspele sal op Woensdag, 21 en 28 Maart 2018, plaasvind nie.

Finale keuring van die spanne vind op 11 April 2018, plaas.
Wedstryde sal vanaf die 2de kwartaal begin.

Baie spelers speel slegs skoleskaak… Skaak gaan egter baie verander as net skoleskaak. Deur die jaar word daar skaaktoernooie aangebied. Indien hulle deur ‘n skaak-jaar (1 Augustus tot 31 Julie), 5 gegradeerde toernooie speel, staan hulle ‘n kans om vir die Sedibeng-span gekies te word wat Suid-Afrikaanse Junior skaakkampioenskappe toe gaan.

Aangesien daar in baie ander sportsoorte, waaraan seuns en dogters deelneem, vir seuns en dogters apart erkenning gegee word, is dit ook nodig om in skaak daardie onderskeiding te tref. Sedibeng gee erkenning aan die beste dogter en seun in elke ouderdomsgroep vir hulle deelname.

Ons sien saam met u uit na ‘n lekker 2018 skaak-jaar! Ons hoop om baie nuwe skaakspelers by ons toernooie te sien. Indien u meer inligting wil hê in verband met waar en wanneer skaaktoernooie gehou word, kan u op ons web-blad kyk: www.sedchess.co.za

AANDREEKS
Baie geluk aan die netbal- en rugbyspanne wat aan die wenkant was by die aandreeks. DF is baie trots op julle.

GRAAD R-INSKRYWINGSVORMS
Daar is vorms by die kantoor vanaf 7:30 – 14:30 beskikbaar. Geen vorms kan elektronies gestuur word nie.
Inhandiging van vorms geskied Dinsdag, 20 Maart 2018.

“Ons kan nie leer sonder pyn nie.” – Aristoteles –
15 Maart 2018