Oueromsendbrief 10 van 2018

Geagte Ouers

BEHEERLIGGAAMVERKIESING
Die volgende persone is verkies tot die nuwe beheerliggaam. Baie geluk en sterkte met u taak vorentoe: Mnre B. Stander, G. Purcell, C. Scheepers, M. Stopforth, J. de Lange, R. Jansen van Rensburg, A Grobbelaar, Mevv N. Rossouw, M. Meijer, C. Alberts, A Hattingh.

WATERKASKENADES: 27 MAART 2018
Dit is vir al die leerders vanaf graad R – 7. Die rugbyveld gaan vol waterglybane, springkastele en vele meer pretaktiwiteite wees. Dit kos R50 per leerder en die bedrag kan solank by die klasonderwysers inbetaal word.
Die graad R-leerders se waterspele vind by hulle klasse plaas.

ROOIKOMBUIS
Ons is bly om deel te wees van die dag hier by DF en ons het die volgende pakkette beskikbaar slegs op bestelling vir die dag.

Pakket 1 – R30
1 x Hotdog
1 x Sjokalade
1 x Gaskoeldrank

Pakket 2 – R40
1 x Hamburger
1 x Sjokalade
1 x Gaskoeldrank

Plaas julle bestelling via Whatsapp by 063 188 5638. Gelde kan elektronies, vooraf en of met afhaal van bestelling betaal word.
Ons sal nog steeds normaal oop wees met volle spyskaart op die dag.

Baie dankie vir almal se geduld tydens hierdie “listerose” fase wat ons almal beleef en glo dat dit kort voor lank iets van die verlede sal wees. Die ROOIKOMBUIS is nie deur hierdie fase geraak nie.

FOTO’S
Klas- en individuele foto’s is vandag van die leerders geneem. Bestellings werk soos volg: Die leerders gaan ‘n poskaartgrootte foto soos pakket uiteengesit met ‘n voorbeeld aangeheg, met ‘n bestelvorm en koevert ontvang. Geen gelde word nou ontvang nie. Verdere inligting sal volg.

SWEM
Ons wens die swemmers wat Saterdag, 24 Maart 2018, te Broadlands gaan deelneem, sterkte toe met die swemgala.

NETBAL EN RUGBY
Baie geluk aan al die netbal- en rugbyspanne wat al hulle wedstryde te Handhawer gewen het.

KASKARWEDREN
Ons jaarlikse kaskarwedren vind op 4 Mei 2018, plaas. Hou die dag oop. Inligtingsbrief is vandag uitgegee.

 

“Sukses kom gewoonlik na húlle wat te besig is om daarvoor te soek.” – Henry David Thoreau –
Mnr. G.J. Purcell
Waarnemende Hoof
22 Maart 2018