Oueromsendbrief 14 van 2018

Geagte Ouers

KASKARWEDREN – 4 MEI 2018
Ons hou môre, 4 Mei 2018, ons kaskarwedren vanaf 17:00 tot 21:00. Verversings sal by die skool te koop wees. Kom geniet ‘n heerlike aand, vol pret, saam met ons!!!

HERREGISTRASIES VIR 2019
Graad 1 – 6-leerders het skeurstrokies vir herregistrasies vir 2019 ontvang. Sien asseblief toe dat u hierdie inligting vir ons betyds deurgee ten einde u kind te herregistreer by DF Malherbe vir volgende jaar. Sluitingsdatum is 11 Mei 2018.

RO-KLASSE
RO-klasse vir die kwartaal eindig 09 Mei 2018, sodat leerders vir die eksamen kan voorberei wat 14 Mei 2018 in aanvang neem. Mev. Pretorius sal egter tydens die eksamentyd beskikbaar wees op Maandag-tot Woensdagmiddae vir spesifieke eksamenhulp.

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Kaartjies is tans by u kind se klas te koop teen R100-00 ‘n kaartjie. ‘n Jagpakket ter waarde van R15 000 kan gewen word. Die trekking vind plaas op 18 Junie 2018 in die skoolsaal om 18:00 en troospryse sal getrek word vir die wat teenwoordig is. Die persoon wat die kompetisie wen, hoef nie noodwendig by die trekking teenwoordig te wees nie. Baie dankie vir u ondersteuning. Elke klas het 10 kaartjies ontvang. Indien ‘n klas al hulle kaartjies verkoop, mag hulle ‘n Vrydag om 10:00 huis toe gaan.

HOKKIEPROEWE
Daar is 1ste span seuns en dogters hokkieproewe, Vrydag, 18 Mei 2018. Vanaf 14:00 – 17:00. Alle leerders wat wil probeer, moet asseblief daar wees.

MINI-NETBALDAE
5 Mei 2018 – Kollegepark
19 Mei 2018 – Unitaspark
26 Mei 2018 – DF Malherbe

NETBAL
Elke netbalspeler wat netbalklere ontvang het, moet R100 deposito by hul afrigters betaal. Daar sal aan die einde van die netbalseisoen R50 teruggegee word.

SKAAK
Baie geluk aan die skaakspelers. Ons het teen Emfuleni en Bophelong gespeel. Al die wedstryde word met 6/0 of 4/2 deur die DF-spanne gewen. Julle is staatmakers.

Sedibeng-toernooie wat plaasvind is die
2018 Heidelberg skaakklub se toernooi te Hoër Volkskool, Heidelberg op die 5de Mei 2018 en die
Amigo Spur Eligwa skaakope op die 19de Mei 2018

Enige leerder met ‘n redelike kennis van skaak, mag aan die Sedibeng-toernooie deelneem. Indien daar aan die nodige vereistes voldoen word, kan Sedibeng-klere in skaak verower word. Volledige inligting is beskikbaar by www.sedchess.co.za

FOTO’S
Klas- en individuele foto’s was op 22 Maart 2018, van die leerders geneem. Bestellings werk soos volg: Die leerders het ‘n poskaartgrootte foto soos pakket uiteengesit met ‘n voorbeeld aangeheg, met ‘n bestelvorm en koevert ontvang. Foto’s kan bestel word tot en met Vrydag, 4 Mei 2018. Koeverte MOET ingehandig word met die bestelvorm en kontant by die klasonderwyser. Geen koeverte word in die kantoor aanvaar nie, slegs by die klasonderwysers.

ROOIKOMBUIS
Moedersdag is om die draai. Die Rooikombuis het verskeie geskenkies beskikbaar vir al die moeders vanaf R10 per geskenkie.
Sien asseblief ook die nuwe spyskaart wat in werking getree is.
Daar sal NET môre, 4 Mei 2018, Russian & Chips beskikbaar wees teen R20

“Sukses is nooit finaal en mislukking nooit dodelik nie.” – Anoniem –