Oueromsendbrief 15 van 2018

Geagte Ouers

BEHEERLIGGAAM
Daar is ‘n vakante pos en die verkiesing van hierdie lid sal op Maandag, 21 Mei 2018, om 18:00 in die skoolsaal plaasvind.

KASKARPRETDAG
Baie dankie vir elke ouer se borgskap, hulp en ondersteuning. DF is trots om so ‘n ouergemeenskap te hê. Kinders, julle was “great”!!

HERREGISTRASIES VIR 2019
Graad 1 – 6-leerders het skeurstrokies vir herregistrasies vir 2019 ontvang. Sien asseblief toe dat u hierdie inligting vir ons betyds deurgee ten einde u kind te herregistreer by DF Malherbe vir volgende jaar. Sluitingsdatum is 11 Mei 2018.

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Kaartjies is tans by u kind se klas te koop teen R100-00 ‘n kaartjie. ‘n Jagpakket ter waarde van R15 000 kan gewen word. Die trekking vind plaas op 18 Junie 2018 in die skoolsaal om 18:00 en troospryse sal getrek word vir die wat teenwoordig is. Die persoon wat die kompetisie wen, hoef nie noodwendig by die trekking teenwoordig te wees nie. Baie dankie vir u ondersteuning. Elke klas het 10 kaartjies ontvang. Indien ‘n klas al hulle kaartjies verkoop, mag hulle ‘n Vrydag om 10:00 huis toe gaan.

RUGBY
Baie geluk aan al die rugbyspanne wat Dinsdag, 8 Mei 2018 teen Eligwa gewen het.
Baie geluk aan die volgende seuns wat gekies is vir die Valke B-span.
Dane Beytell en DW Pelser.

HOKKIEPROEWE
Daar is 1ste span seuns en dogters hokkieproewe (Gr 5 – Gr7), Vrydag, 18 Mei 2018. Vanaf 14:00 – 17:00. Alle leerders wat wil probeer, moet asseblief daar wees.

MINI-NETBALDAE

  • 19 Mei 2018 – Unitaspark
  • 26 Mei 2018 – DF Malherbe

NETBAL
Elke netbalspeler wat netbalklere ontvang het, moet R100 deposito by hul afrigters betaal. Daar sal aan die einde van die netbalseisoen R50 teruggegee word.

SKAAK
Baie geluk aan die skaakspanne wat DF se naam tydens die afgelope skaakseisoen hoog gehou het. Die O/9’s, O/11’s en O/13’s wen die meeste van hulle wedstryde teen Fonteine en Lumiér.
Enige leerder met skaakkennis mag aan die Sedibengwedstryde deelneem. Alle inligting is by www.sedchess.co.za beskikbaar. Sedibeng kleure kan so verwerf word.
Almal kan reeds begin oefen vir die volgende skaakseisoen.

KUNSTEFEES
Die leerders wat gekies is vir die kunstefees, het reeds briefies van hul afrigters ontvang. Leerders wat nog wil deelneem, kan privaat ingeskryf word by Mev A Hoy. U moet dan ‘n e-pos stuur aan Ahoy23484438@gmail.com. Sy sal al die inligting en kostes met u uitklaar en inskrywings doen.

“Die enigste lig op die toekoms is geloof.” -Theodore Hoecker-
10 Mei 2018