Oueromsendbrief 16 van 2018

Geagte Ouers

DONDERDAG, 24 MEI 2018
Donderdag, 24 Mei 2018, sal die skool om 13:00 sluit, weens sportverpligtinge.

BEHEERLIGGAAM
Daar is ‘n vakante pos en die verkiesing van hierdie lid sal op Maandag, 21 Mei 2018, om 18:00 in die skoolsaal plaasvind.

LEED
Ons innige meegevoel gaan uit na Juvan Janse van Rensburg, gr 4D en sy familie wie se pappa oorlede is. Ons bid julle sterkte toe en dat Jesus julle in die seer tyd sal vertroos.

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Kaartjies is tans by u kind se klas te koop teen R100-00 ‘n kaartjie. ‘n Jagpakket ter waarde van R15 000 kan gewen word. Die trekking vind plaas op 18 Junie 2018 in die skoolsaal om 18:00 en troospryse sal getrek word vir die wat teenwoordig is. Die persoon wat die kompetisie wen, hoef nie noodwendig by die trekking teenwoordig te wees nie. Baie dankie vir u ondersteuning. Elke klas het 10 kaartjies ontvang. Indien ‘n klas al hulle kaartjies verkoop, mag hulle ‘n Vrydag om 10:00 huis toe gaan.

RUGBY: VALKE
Baie sterkte aan JP Roberts, Dane Beytell en DW Pelser wat die naweek in Welkom vir die Valke span gaan speel.

KASKARWEDREN
‘n Baie mooi bedrag van R 109 000.00 is met ons kaskarwedren ingesamel. Baie dankie vir elke ouer, leerder en onderwyser wat gehelp het om van hierdie spesiale aand ‘n reuse sukses te maak.

HOKKIEPROEWE
Daar is 1ste span seuns en dogters hokkieproewe (Gr 5 – Gr7), Vrydag, 18 Mei 2018. Vanaf 14:00 – 17:00. Alle leerders wat wil probeer, moet asseblief daar wees.

MINI-NETBALDAE

  • 19 Mei 2018 – Unitaspark
  • 26 Mei 2018 – DF Malherbe

NETBAL
Elke netbalspeler wat netbalklere ontvang het, moet R100 deposito by hul afrigters betaal. Daar sal aan die einde van die netbalseisoen R50 teruggegee word.

SERPE
Daar is serpe vir leerders te koop. Dit is swart of rooi met ‘DF’ daarop geborduur teen R30.
Voorbeelde is in die kantoor te sien.
Skakel vir Ronel Groenewald by 078 504 9551

KOOR
Daar sal Vrydag, 18 Mei 2018, geen kooroefening wees nie.

SKAAK 0/9
Skaakoefening begin weer vir leerders wat reeds deel was van skaakgroep. Geen nuwe leerders nou nie.

  • Woensdag, 23 Mei 2018
  • Woensdag, 30 Mei 2018
  • Woensdag, 06 Junie 2018
    Tye: 13:15 tot 14:00
    Klaskamer: 52

SKAAK
Enige leerder met skaakkennis mag aan die Sedibengwedstryde deelneem. Alle inligting is by www.sedchess.co.za beskikbaar. Sedibeng kleure kan so verwerf word. Almal kan reeds begin oefen vir die volgende skaakseisoen.

KUNSTEFEES
Die leerders wat gekies is vir die kunstefees, het reeds briefies van hul afrigters ontvang. Leerders wat nog wil deelneem, kan privaat ingeskryf word by Mev A Hoy. U moet dan ‘n e-pos stuur aan Ahoy23484438@gmail.com. Sy sal al die inligting en kostes met u uitklaar en inskrywings doen.

“Die pad na sukses loop opdraand; moenie verwag om spoedrekords te breek nie.” -Anoniem-