Oueromsendbrief 18 van 2018

Geagte Ouers

GRAAD R-OPEDAG
Op 15 Junie 2018, sal daar ’n opedag in die skoolsaal wees vanaf 10:00-12:00. Bring asseblief u kind saam.

KOEKVERKOPING
Die graad 3-leerders hou môre, 1 Junie 2018, ‘n groot koekverkoping by die skool. Bring asseblief geld saam om hulle te ondersteun.

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Kaartjies is tans by u kind se klas te koop teen R100-00 ‘n kaartjie. ‘n Jagpakket ter waarde van R15 000 kan gewen word. Die trekking vind plaas op 18 Junie 2018 in die skoolsaal om 18:00 en troospryse sal getrek word vir die wat teenwoordig is. Die persoon wat die kompetisie wen, hoef nie noodwendig by die trekking teenwoordig te wees nie. Baie dankie vir u ondersteuning. Elke klas het 10 kaartjies ontvang. Indien ‘n klas al hulle kaartjies verkoop, mag hulle ‘n Vrydag om 10:00 huis toe gaan.

NETBAL
Baie geluk aan ons 0/11A- en 0/12B-spanne wat Vrydag, 1 Junie 2018, en Saterdag, 2 Junie 2018, aan die Sedibeng-liga uitspele gaan deelneem. Ons wens julle alle sterkte toe.

RUGBY: VALKE
Baie sterkte aan JP Roberts, Dane Beytell en DW Pelser wat dié naweek in Pretoria by Hoërskool Menlopark vir die Valkespan gaan speel.

ROOIKOMBUIS
Die Rooikombuis verkoop sop en brood teen R20 per koppie. Dit geld net vir die winter en sal net op bestelling wees.

SKAAK 0/11 EN 0/13
Leerders wat in die spanne was, oefen op Woensdae, 6 en 13 Junie 2018, om 14:00 – 15:00 skaak. Almal moet teenwoordig wees.
Op Woensdag, 20 Junie 2018, is daar GEEN oefening nie.

Ander leerders sal later die geleentheid kry om te kom oefen.

SKAAK 0/9
Skaakoefening vir 0/9-leerders wat in ‘n wedstrydspan was en graad 1-en 2-leerders wat saam met hulle geoefen het, oefen nog net op Woensdag, 6 Junie 2018, om 13:15 tot 14:00 in klaskamer 52.
Ander leerders sal later die geleentheid kry om saam te kom oefen.

LANDLOOP GR 3 – 7
Landloopoefening begin op Maandag, 4 Junie 2018. Elke Maandag, Dinsdag en Donderdag vanaf 14:00 – 15:00. Onthou jou tekkies en waterbottel.

MINI-HOKKIE
Mini-hokkieoefening begin Maandag, 4 Junie 2018.
Elke Maandag, Dinsdag en Donderdag.
Graad 1-en 2-dogters en seuns: 13:15 – 14:15
Graad 3-dogters en seuns: 13:30 – 14:30

HOKKIE
Dogters hokkieproewe vir 0/11 A & B en 2de span word gehou op Donderdag, 7 Junie 2018, om14:00 tot 16:00.

SERPE
Daar is serpe vir leerders te koop. Dit is swart of rooi met ‘DF’ daarop geborduur teen R30.
Voorbeelde is in die kantoor te sien.
Skakel vir Ronel Groenewald by 078 504 9551.

Elvis Blue!!! Donderdag, 23 Augutus 2018
Die Graad 5‘s bied aan: Elvis Blue!!! Donderdag, 23 Augutus 2018. 18:30. Kompasgemeente. R150 per kaartjie. Kaartjies sal vanaf volgende week te koop wees by: Laerskool DF Malherbe. Elvis gaan ook saam met 2 skoolkore optree. Ook saam met DF se skoolkoor. Kom ondersteun asseblief die projek!!

KUNSKOMPETISIE
Aandag alle ouers, oumas, oupas en leerders. Skryf in vir die Rotary “Children for Children” kunskompetisie. Elke inskrywing beloop R10. Bronwyn Rossouw in Gr 7H het in 2017 ‘n derde plek uit ±1000 inskrywings verower. Kom ons vat hande, skryf in en wen groot.

GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Kom kyk hoe spat die meelbom op jou nommer en wen R10 000.00.Trekking vind plaas op Vrydag, 21 September 2018, om 13h30 op die rugbyveld. Eerste prys is R10 000.00, tweede prys is R5000.00 en die derde prys is R 2000.00. Kaartjies is slegs R 100.00 elk. Kaartjies is beskikbaar by alle graad 3-leerders of ouers.

 

“Oorwinning behoort aan hom wat nie bang is om sy lewe aan God toe te vertrou en onverskrokke magtige dade te verrig nie.” -Anoniem-

31 Mei 2018