Oueromsendbrief 19 van 2018

Geagte Ouers

“LOCKERS”
Die 2de paaiement van R150 is einde Junie betaalbaar. Indien u van internet betaling gebruik maak, gebruik asseblief u verwysingsnommer + locker.
Indien die locker nie vereffen word soos versoek nie, behou Laerskool DF Malherbe die reg om die locker leeg te maak en aan ‘n ander leerder te verhuur.

GRAAD R-OPEDAG
Op 15 Junie 2018, sal daar ’n opedag in die skoolsaal wees vanaf 10:00-12:00. Bring asseblief u kind saam.

KOEKVERKOPING
Baie dankie aan al die graad 3-ouers wat ruim bygedra het en behulpsaam was met die verkoping. Ons samel ‘n pragtige bedrag van R12110.00 in.

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Kaartjies is tans by u kind se klas te koop teen R100-00 ‘n kaartjie. ‘n Jagpakket ter waarde van R15 000 kan gewen word. Die trekking vind plaas op 18 Junie 2018 in die skoolsaal om 18:00 en troospryse sal getrek word vir die wat teenwoordig is. Die persoon wat die kompetisie wen, hoef nie noodwendig by die trekking teenwoordig te wees nie. Baie dankie vir u ondersteuning. Elke klas het 10 kaartjies ontvang. Indien ‘n klas al hulle kaartjies verkoop, mag hulle ‘n Vrydag om 10:00 huis toe gaan.

NETBAL
Baie geluk aan ons 0/11A- en 0/12B-spanne wat Vrydag, 1 Junie 2018 en Saterdag 2 Junie 2018, aan die Sedibeng-liga uitspele deelgeneem het. Die twee spanne verwerf albei brons madaljes.

RUGBY
Baie geluk aan die 1st-en 2de-span wat deur is na die finaal wat Woensdag, 13 Junie 2018, plaasvind. Ons wens julle sterkte toe en weet dit sal goed gaan.

RUGBY: VALKE
Baie sterkte aan JP Roberts, Dane Beytell en DW Pelser wat dié naweek in Krugersdorp by Hoërskool Noordheuwel vir die Valkespan gaan speel.

MINI-HOKKIE
Mini-hokkieoefening is elke Maandag, Dinsdag en Donderdag.
Graad 1-en 2-dogters en seuns: 13:15 – 14:15
Graad 3-dogters en seuns: 13:30 – 14:30

SKAAK 0/11 EN 0/13
Leerders wat in die spanne was, oefen Woensdag, 13 Junie 2018, om 14:00 – 15:00 skaak. Almal moet teenwoordig wees.
Op Woensdag, 20 Junie 2018, is daar GEEN oefening nie.

Ander leerders sal later die geleentheid kry om te kom oefen.

LANDLOOP GR 3 – 7
Landloopoefening is elke Maandag, Dinsdag en Donderdag vanaf 14:00 – 15:00. Onthou jou tekkies en waterbottel.

SERPE
Daar is serpe vir leerders te koop. Dit is swart of rooi met ‘DF’ daarop geborduur teen R30.
Voorbeelde is in die kantoor te sien.
Skakel vir Ronel Groenewald by 078 504 9551.

KUNSKOMPETISIE
Aandag alle ouers, oumas, oupas en leerders. Skryf in vir die Rotary “Children for Children” kunskompetisie. Elke inskrywing beloop R10. Bronwyn Rossouw in Gr 7H het in 2017 ‘n derde plek uit ±1000 inskrywings verower. Kom ons vat hande, skryf in en wen groot.

GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Kom kyk hoe spat die meelbom op jou nommer en wen R10 000.00. Die meelbom sal bars op Vrydag, 21 September 2018, om 13h30 op die rugbyveld. Eerste prys is R10 000.00, tweede prys is R5000.00 en die derde prys is R 2000.00. Kaartjies is slegs R 100.00 elk. Kaartjies is beskikbaar by alle graad 3-leerders of ouers.

“Die beste onderwyser is nie ondervinding nie, maar voorbeeld.” -John Croyle-

07 Junie 2018