Oueromsendbrief 20 van 2018

Geagte Ouers

RUGBY
Baie geluk aan die 1ste-en 2de-rugbyspanne wat hulle baie goed van hulle taak gekwyt het. Die 1ste-span wen die Sedibeng Valke Elite-liga en die 2de-span behaal ‘n tweede plek.
Dankie aan al die afrigters wat hard gewerk het deur die seisoen.

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Die trekking vind plaas Maandag, 18 Junie 2018 in die skoolsaal om 18:00 en troospryse sal getrek word vir die wat teenwoordig is. Die persoon wat die kompetisie wen, hoef nie noodwendig by die trekking teenwoordig te wees nie. Baie dankie vir u ondersteuning.

“LOCKERS”
Die 2de paaiement van R150 is einde Junie betaalbaar. Indien u van internet betaling gebruik maak, gebruik asseblief u verwysingsnommer + locker.
Indien die locker nie vereffen word soos versoek nie, behou Laerskool DF Malherbe die reg om die locker leeg te maak en aan ‘n ander leerder te verhuur.

GRAAD R-OPEDAG
Môre, 15 Junie 2018, sal daar ’n opedag in die skoolsaal wees vanaf 10:00-12:00. Bring asseblief u kind saam.

SKAAK
Baie geluk aan al drie ons skaakspanne.
Ons het die seisoen teen agt ander skole meegeding in die Vaalrivier Primêre Skole skaakliga.
0/13 wen goud
0/11 wen brons
0/9 wen goud
Geen skaakoefening vind Woensdag, 20 Junie 2018, plaas nie.
Spanne oefen weer Woensdag, 18 Julie en 25 Julie, vir wedstryde wat Saterdag, 28 Julie 2018, plaasvind.

LANDLOOP GR 3 – 7
Landloopoefening is elke Maandag, Dinsdag en Donderdag vanaf 14:00 – 15:00. Onthou jou tekkies en waterbottel.

KUNSKOMPETISIE
Aandag alle ouers, oumas, oupas en leerders. Skryf in vir die Rotary “Children for Children” kunskompetisie. Elke inskrywing beloop R10. Bronwyn Rossouw in Gr 7H het in 2017 ‘n derde plek uit ±1000 inskrywings verower. Kom ons vat hande, skryf in en wen groot.

Elvis Blue!!! Donderdag, 23 Augutus 2018
Die Graad 5‘s bied aan: Elvis Blue!!! Donderdag, 23 Augutus 2018. 18:30. Kompasgemeente. R150 per kaartjie. Kaartjies sal vanaf volgende week te koop wees by: Laerskool DF Malherbe. Elvis gaan ook saam met 2 skoolkore optree. Ook saam met DF se skoolkoor. Kom ondersteun asseblief die projek!!

SERPE
Daar is serpe vir leerders te koop. Dit is swart of rooi met ‘DF’ daarop geborduur teen R30.
Voorbeelde is in die kantoor te sien.
Skakel vir Ronel Groenewald by 078 504 9551.

HOKKIE

Seuns   
1 steMev M van der Walt
Mev S Engelbrecht
Maandae, Dinsdae, DonderdaeSal deurgegee word
2 deMnr F MinnaarMaandae, Dinsdae, Donderdae16:30-17:30
0/11AMnr B Hatting
Mev S Smith
Maandae, Dinsdae, Donderdae15:00-16:00
0/11BMev M Bloem
Mej B Botha
Maandae, Dinsdae, Donderdae14:00-15:00
Dogters
1 steMev M Meijer
Mej I Oosthuizen
Maandae, Dinsdae, Donderdae14:15-15:30
2 deMev A VictorMaandae, Dinsdae, Donderdae16:00-17:00
0/11AMev N Munnik
Mev L Marais
Mev B Valentin
Maandae, Dinsdae, Donderdae14:00-15:00
0/11BMev H Minnaar
Mev M Fourie
Maandae, Dinsdae, Donderdae16:00-17:00

MINI-HOKKIE
Indien daar ouers is wat bereid is om ons te help met afrigting, kan hulle Mev D Hills kontak.

Mini-hokkieoefening is elke Maandag, Dinsdag en Donderdag.
Graad 1-en 2-dogters en seuns: 13:15 – 14:15
Graad 3-dogters en seuns: 13:30 – 14:30

 

“Sukses bestaan uit klein oorwinnings elke dag.” -Laddie F Jutar-
14 Junie 2018