Oueromsendbrief 21 van 2018
Geagte Ouers
SKOOL SLUIT: 22 JUNIE 2018
Die skool sluit môre, 22 Junie 2018, en sal heropen op 17 Julie 2018. Leerders kom skool toe om hulle rapporte by hulle registeronderwysers te ontvang vanaf 07:15 en dan gaan hulle direk huis toe. Leerders trek gewone klere aan. Geniet u vakansie. Rus lekker en wees veilig waar u ook al gaan.
PERSONEEL
Ons wens Mev. Breet en haar man alle sterkte en geluk toe met hulle nuweling wat in Julie haar opwagting maak. Baie dankie Mev. Vermeulen dat u vir ons in Mev. Breet se pos kom waarneem. Ons het groot waardering daarvoor.
FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Baie geluk aan Mnr. J. Rossouw wat die prys gewen het in ons jagkompetisie en aan die wat troospryse gewen het wat teenwoordig was. Dankie aan elke ouer, leerder en personeellid wat moeite gedoen het met hierdie fondsinsamelingsprojek.
RUGBY: VALKE
Baie sterkte aan JP Roberts, Dane Beytell en DW Pelser wat dié vakansie in Sasolburg aan die Nashua-week deelneem vanaf Sondag, 24 Junie 2018 tot Woensdag, 27 Junie 2018.
“LOCKERS”
Die 2de paaiement van R150 is einde Junie betaalbaar. Indien u van internetbetaling gebruik maak, gebruik asseblief u verwysingsnommer + locker.
Indien die locker nie vereffen word soos versoek nie, behou Laerskool DF Malherbe die reg om die locker leeg te maak en aan ‘n ander leerder te verhuur.
SKAAK
Spanne oefen weer Woensdag, 18 Julie en 25 Julie vir wedstryde wat Saterdag, 28 Julie 2018, plaasvind.
SERPE
Daar is serpe vir leerders te koop. Dit is swart of rooi met ‘DF’ daarop geborduur teen R30.
Voorbeelde is in die kantoor te sien.
Skakel vir Ronel Groenewald by 078 504 9551.
HOKKIE: OEFENTYE
Seuns | |||
---|---|---|---|
1 ste | Mev M van der Walt Mev S Engelbrecht | Maandae, Dinsdae, Donderdae | Sal deurgegee word |
2 de | Mnr F Minnaar | Maandae, Dinsdae, Donderdae | 16:30-17:30 |
0/11A | Mnr B Hatting Mev S Smith | Maandae, Dinsdae, Donderdae | 15:00-16:00 |
0/11B | Mev M Bloem Mej B Botha | Maandae, Dinsdae, Donderdae | 14:00-15:00 |
Dogters | |||
1 ste | Mev M Meijer Mej I Oosthuizen | Maandae, Dinsdae, Donderdae | 14:15-15:30 |
2 de | Mev A Victor | Maandae, Dinsdae, Donderdae | 16:00-17:00 |
0/11A | Mev N Munnik Mev L Marais Mev B Valentin | Maandae, Dinsdae, Donderdae | 14:00-15:00 |
0/11B | Mev H Minnaar Mev M Fourie | Maandae, Dinsdae, Donderdae | 16:00-17:00 |
Hokkie: ligabepalings
Alle ligawedstryde word op Izak Steyl se grasvelde gespeel. Slegs vriendskaplike wedstryde vir 0/11 B-seuns en-dogters spanne en die 2de span seuns word gespeel. Datums sal na die vankansie volg.
Datum | Tyd | Skool | |
---|---|---|---|
Dogters | Donderdag, 26 Julie | 14:30 – 0/11A 15:10 – 2 de span 16:00 – 1 ste span | Eligwa |
Dinsdag, 31 Julie | 14:30 – 0/11A 15:10 – 2 de span 16:00 – 1 ste span | Fonteiene | |
Dinsdag, 14 Augustus | 14:30 – 1 ste span 15:30 – 0/11A 16:10 – 2 de span | Emfuleni | |
Donderdag, 30 Augustus | 14:30 – 2 de span 15:30 – 1 ste span 16:30 – 0/11A | Vaalpark | |
Dinsdag, 4 September | 14:30 – 0/11A 15:30 – 2 de span 16:30 – 1 ste span | Kollegepark | |
Seuns | Woensdag, 1 Augustus | 15:30 – 1 ste span | Totius |
Woensdag, 8 Augustus | 15:30 – 0/11A | Tjokkerland | |
Woensdag, 15 Augustus | 14:30 – 1 ste span 15:30 – 0/11A | Eligwa | |
Woensdag, 22 Augustus | 15:30 – 1 ste span | Oliver Lodge | |
Woensdag, 29 Augustus | 1430 – 1 ste span 15:30 – 0/11A | Emfuleni | |
Woensdag, 5 September | 15:30 – 1 ste span 16:30 – 0/11A | Kollegepark | |
Woensdag, 12 September | 14:30 – 0/11A 15:30 – 1 ste span | Vaalrivier | |
Daar sal ook Saterdag, 4 Augustus wedstryde wees vir beide seuns en dogters. Meer inligting sal volg.
MINI-HOKKIE
Indien daar ouers is wat bereid is om ons te help met afrigting, kan hulle Mev D Hills kontak.
Mini-hokkieoefening is elke Maandag, Dinsdag en Donderdag.
Graad 1-en 2-dogters en seuns: 13:15 – 14:15
Graad 3-dogters en seuns: 13:30 – 14:30
GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Kom kyk hoe spat die meelbom op jou nommer en wen R10 000.00. Die meelbom sal bars op Vrydag, 21 September 2018, om 13h30 op die rugbyveld. Eerste prys is R10 000.00, tweede prys is R5000.00 en die derde prys is R 2000.00. Kaartjies is slegs R 100.00 elk. Kaartjies is beskikbaar by alle graad 3-leerders of ouers.
MINI-KRIEKET
Graag wil ons al die kinders, seuns en dogters, uitnooi om in die derde kwartaal saam met ons te kom krieket speel.
Oefening sal op ‘n Maandag-en Donderdagmiddag wees van 16:30-17:30. As daar ouers is wat kan help met afrigting, sal dit baie waardeer word.
Indien daar enige vrae is, kontak my gerus.
Anita Lennox
082 949 5197
“Moed oorwin alle dinge. -Ovid-
21 Junie 2018