Oueromsendbrief 22 van 2018
Geagte Ouers
Welkom terug aan elke leerder, ouer en personeellid na die vakansie.
Sterkte vir die propvol kwartaal wat voorlê.
KOOR
Daar sal elke Vrydag kooroefening wees om 14:00 in die saal.
RO-KLASSE
RO-klasse hervat op Maandag, 23 Julie 2018. Leerders wat hierdie kwartaal briewe ontvang vir RO-klasse en leerders wat vanaf kwartaal een klas bywoon, moet teenwoordig wees.
“LOCKERS”
Die 2de paaiement van R150 is betaalbaar tot die 27ste Julie 2018. Indien u van internetbetaling gebruik maak, gebruik asseblief u verwysingsnommer + locker.
Indien die locker nie vereffen word soos versoek nie, behou Laerskool DF Malherbe die reg om die locker leeg te maak en aan ‘n ander leerder te verhuur.
SKAAK
Spanne oefen weer Woensdag, 25 Julie 2018, vir wedstryde wat Saterdag, 28 Julie 2018, plaasvind.
MINI-HOKKIE
Indien daar ouers is wat bereid is om ons te help met afrigting, kan hulle Mev D Hills kontak.
Mini-hokkieoefening is elke Maandag, Dinsdag en Donderdag.
Graad 1-en 2-dogters en seuns: 13:15 – 14:15
Graad 3-dogters en seuns: 13:30 – 14:30
LANDLOOP
Ons eerste byeenkoms vind op Vrydag, 20 Julie 2018, te Laerskool Frikkie Meyer plaas.
GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Kom kyk hoe spat die meelbom op jou nommer en wen R10 000.00. Die meelbom sal bars op Vrydag, 21 September 2018, om 13h30 op die rugbyveld. Eerste prys is R10 000.00, tweede prys is R5000.00 en die derde prys is R 2000.00. Kaartjies is slegs R 100.00 elk. Kaartjies is beskikbaar by alle graad 3-leerders of ouers.
HOKKIE: OEFENTYE
Hokkie: ligabepalings
Alle ligawedstryde word op Izak Steyl se grasvelde gespeel. Slegs vriendskaplike wedstryde vir 0/11 B-seuns en-dogterspanne en die 2de span seuns word gespeel.
Datum | Tyd | Skool | |
---|---|---|---|
Dogters | Donderdag, 26 Julie | 14:30 – 0/11A 15:10 – 2 de span 16:00 – 1 ste span | Eligwa |
Dinsdag, 31 Julie | 14:30 – 0/11A 15:10 – 2 de span 16:00 – 1 ste span | Fonteiene | |
Dinsdag, 14 Augustus | 14:30 – 1 ste span 15:30 – 0/11A 16:10 – 2 de span | Emfuleni | |
Donderdag, 30 Augustus | 14:30 – 2 de span 15:30 – 1 ste span 16:30 – 0/11A | Vaalpark | |
Dinsdag, 4 September | 14:30 – 0/11A 15:30 – 2 de span 16:30 – 1 ste span | Kollegepark | |
Seuns | Woensdag, 1 Augustus | 15:30 – 1 ste span | Totius |
Woensdag, 8 Augustus | 15:30 – 0/11A | Tjokkerland | |
Woensdag, 15 Augustus | 14:30 – 1 ste span 15:30 – 0/11A | Eligwa | |
Woensdag, 22 Augustus | 15:30 – 1 ste span | Oliver Lodge | |
Woensdag, 29 Augustus | 1430 – 1 ste span 15:30 – 0/11A | Emfuleni | |
Woensdag, 5 September | 15:30 – 1 ste span 16:30 – 0/11A | Kollegepark | |
Woensdag, 12 September | 14:30 – 0/11A 15:30 – 1 ste span | Vaalrivier | |
Daar sal ook Saterdag, 4 Augustus 2018, wedstryde wees vir beide seuns en dogters. Meer inligting sal volg.
MINI-KRIEKET
Graag wil ons al die kinders, seuns en dogters, uitnooi om in die derde kwartaal saam met ons te kom krieket speel.
Oefening sal op ‘n Maandag-en Donderdagmiddag wees van 16:30-17:30. As daar ouers is wat kan help met afrigting, sal dit baie waardeer word.
Indien daar enige vrae is, kontak my gerus.
Anita Lennox
082 949 5197
“‘n Knippie nederigheid is goed vir ons almal.” -Anoniem-
19 Julie 2018