Oueromsendbrief 23 van 2018

Geagte Ouers

SEDIBENG-KRIEKET
Die volgende seuns is gekies om die Sedibeng-krieketspan te verteenwoordig in 2018.
0/9 – FJ Botha
0/9 – Noah Stopforth
0/10 – Janco Jacobs
0/10 – Jayden van Dyk
0/13 – Anton van Dam

Baie geluk met die verkiesing tot die spanne.

KOOR
Vrydag, 27 Julie 2018, sal daar tot 16:00 kooroefening wees.
Sondag, 5 Augustus 2018, tree ons op by die Tienie van Wyk-koorfees by die Gereformeerde Kerk in Vereeniging. Leerders moet om 13:00 daar wees vir die massakooroefening. Die optrede sal 15:00 begin en kaartjies sal by die deure beskikbaar wees. Die optrede behoort teen 16:30 klaar te wees.

BELANGRIKE DATUMS
17 Augustus 2018, Vaaldriehoek Kunstefees, te Laerskool Kollegepark om 14:30.
23 Augustus 2018, optrede saam met Elvis Blue by Kompas Gemeente. Verdere inligting sal gegee word.
25 Augustus 2018, Vereeniging Kunstefees by Hoërskool Drie Riviere

RO-KLASSE
Leerders wat hierdie kwartaal briewe ontvang vir RO-klasse en leerders wat vanaf kwartaal een klas bywoon, moet teenwoordig wees. Die klasse het reeds begin.

“LOCKERS”
Die 2de paaiement van R150 is betaalbaar tot môre, 27ste Julie 2018. Indien u van internetbetaling gebruik maak, gebruik asseblief u verwysingsnommer + locker.
Indien die locker nie vereffen word soos versoek nie, behou Laerskool DF Malherbe die reg om die locker leeg te maak en aan ‘n ander leerder te verhuur.

SKAAK
Sterkte aan die drie spanne wat Saterdag, 28 Julie 2018, aan die D8-toernooi deelneem.

MINI-HOKKIE
Indien daar ouers is wat bereid is om ons te help met afrigting, kan hulle Mev D Hills kontak.

Mini-hokkieoefening is elke Maandag, Dinsdag en Donderdag.
Graad 1-en 2-dogters en seuns: 13:15 – 14:15
Graad 3-dogters en seuns: 13:30 – 14:30

LANDLOOP
Ons 2de landloopbyeenkoms vind op 27 Julie 2018, by Laerskool Vaalrivier plaas.

HOKKIEKOUSE
Daar is hokkiekouse beskikbaar by Mev. Elsebe Engels teen R75 n paar. Alle spanne speel met die DF rooi en geel kouse, behalwe die eerstespanne.

HOKKIE LIGABEPALINGS
Sterkte aan al die spanne wat begin met hulle wedstryde. Dankie dat julle so hard oefen.

DatumTydSkool
4 Augustus - Saterdag0/11 A&B Seuns en Dogters
2de Span Seuns
1ste Span Seuns en Dogters
Program sal volg
6 Augustus - Maandag0/11 B Seuns (15:30)
2de Span Seuns (16:00)
Weg - Eligwa
6 Augustus - Maandag0/11 B Dogters (14:00)Weg - Noordhoek
7 Augustus - Dinsdag0/11 B Dogters (15:00)Weg – Sasol Hoër teen Fonteine
15 Augustus - Woensdag0/11 B Seuns (15:00)
0/11 B Dogters (15:30)
2de Span Seuns (16:00)
Tuis - Vaalrivier
21 Augustus - Dinsdag0/11 A&B Dogters
2de Span Dogters
1ste Span Dogters
Weg – Leeuspruit
Tyd sal volg
21 Augustus - Dinsdag0/11 A&B Seuns
2de Span Seuns
1ste Span Seuns
Tuis by DF teen DF 0/11 (15:30)
1ste en 2de Span (16:00)
27 Augustus - Maandag0/11 B Seuns (15:00)
0/11 B Dogters (15:30)
Weg - Emfuleni
4 September - Dinsdag0/11 B Dogters (15:00)Weg – Frikkie Meyer
10 September - Maandag0/11 B-seuns (15:00)Tuis - Vesco

Daar gaan nog datums volg. Ons wag net vir ander skole om te bevestig.

GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Kom kyk hoe spat die meelbom op jou nommer en wen R10 000.00. Die meelbom sal bars op Vrydag, 21 September 2018, om 13h30 op die rugbyveld. Eerste prys is R10 000.00, tweede prys is R5000.00 en die derde prys is R 2000.00. Kaartjies is slegs R 100.00 elk. Kaartjies is beskikbaar by alle graad 3-leerders of ouers.

Elvis Blue!!! Donderdag, 23 Augutus 2018
Die Graad 5‘s bied aan: Elvis Blue!!! Donderdag, 23 Augutus 2018. 18:30. Kompasgemeente. R150 per kaartjie. Kaartjies sal vanaf volgende week te koop wees by: Laerskool DF Malherbe. Elvis gaan ook saam met 2 skoolkore optree. Ook saam met DF se skoolkoor. Kom ondersteun asseblief die projek!!

“‘n Christen sonder gebed is soos ‘n boom sonder wortels.” -Pous Pius XII-
26 Julie 2018