Oueromsendbrief 24 van 2018
Geagte Ouers
RUGBYRAAI
Die rugbyraaivorms moet asseblief môre, 3 Augustus 2018, voor 10:00 by die skool terug wees. Die leerders wat hulle vorms terug bring, mag die span wat hulle ondersteun se “klere” of “kleure” aantrek.
PERSONEEL
Juffrou Karin-Mari Dötze het op Saterdag, 28 Julie 2018, aan die AVT-CHAMPS landloopbyeenkoms deelgeneem en ‘n 1ste plek behaal. Ons is baie trots op haar puik prestasie. Sy neem weer op 8 September 2018 te Port Elizabeth aan die SA’s deel. Baie sterkte en ons weet dit sal goed gaan.
KOOR
Vrydag, 3 Augustus 2018, oefen die koor in gewydesang en nie na skool nie.
Sondag, 5 Augustus 2018, tree ons op by die Tienie van Wyk-koorfees by die Gereformeerde Kerk in Hoffman straat te Vereeniging (Langs Vereeniging Medi Clinic). Leerders moet om 13:00 daar wees vir die massakooroefening. Die optrede sal 15:00 begin en kaartjies sal by die deure beskikbaar wees. Die optrede behoort teen 16:30 klaar te wees.
BELANGRIKE DATUMS
17 Augustus 2018, Vaaldriehoek Kunstefees, te Laerskool Kollegepark om 14:30.
23 Augustus 2018, optrede saam met Elvis Blue by Kompas Gemeente. Verdere inligting sal gegee word.
25 Augustus 2018, Vereeniging Kunstefees by Hoërskool Drie Riviere
RO-KLASSE
Leerders wat hierdie kwartaal briewe ontvang vir RO-klasse en leerders wat vanaf kwartaal een klas bywoon, moet teenwoordig wees. Die klasse het reeds begin.
Woensdag, 8 Augustus 2018, sal daar geen RO-klasse wees nie.
SKAAK
Baie geluk aan ons drie skaakspanne wat almal eerste plekke op die D8-toernooi behaal het. Julle was staatmakers. DF is trots op julle!
Oefening hervat weer na die langnaweek op 15 Augustus 2018.
LANDLOOP
Ons derde ligabyeenkoms vind op 3 Augustus 2018 te Hoërskool Suiderlig plaas. Geniet elke oomblik daarvan.
HOKKIEKOUSE
Daar is hokkiekouse beskikbaar by Mev. Elsebe Engels teen R75 n paar. Alle spanne speel met die DF rooi en geel kouse, behalwe die 1 ste spanne.
GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Kom kyk hoe spat die meelbom op jou nommer en wen R10 000.00. Die meelbom sal bars op Vrydag, 21 September 2018, om 13:30 op die rugbyveld. Eerste prys is R10 000.00, tweede prys is R5000.00 en die derde prys is R 2000.00. Kaartjies is slegs R 100.00 elk. Kaartjies is beskikbaar by alle graad 3-leerders of ouers.
HOKKIE
Baie geluk aan al die spanne wat so mooi speel en gewen het. Sterkte aan die spanne wat die naweek speel.
Alle ligawedstryde bly soos wat dit deurgegee is en dan word die volgende wedstryde ook gespeel:
Datum | Tyd | Skool |
---|---|---|
4 Augustus - Saterdag | 0/11 A&B Seuns en Dogters 2de Span Seuns 1ste Span Seuns en Dogters | Program sal volg |
6 Augustus - Maandag | 0/11 B Seuns (15:30) 2de Span Seuns (16:00) | Weg - Eligwa |
6 Augustus - Maandag | 0/11 B Dogters (14:00) | Weg - Noordhoek |
7 Augustus - Dinsdag | 0/11 B Dogters (15:00) | Weg – Sasol Hoër teen Fonteine |
15 Augustus - Woensdag | 0/11 B Seuns (15:00) 0/11 B Dogters (15:30) 2de Span Seuns (16:00) | Tuis - Vaalrivier |
21 Augustus - Dinsdag | 0/11 A&B Dogters 2de Span Dogters 1ste Span Dogters | Weg – Leeuspruit Tyd sal volg |
21 Augustus - Dinsdag | 0/11 A&B Seuns 2de Span Seuns 1ste Span Seuns | Tuis by DF teen DF 0/11 (15:30) 1ste en 2de Span (16:00) |
27 Augustus - Maandag | 0/11 B Seuns (15:00) 0/11 B Dogters (15:30) | Weg - Emfuleni |
4 September - Dinsdag | 0/11 B Dogters (15:00) | Weg – Frikkie Meyer |
10 September - Maandag | 0/11 B-seuns (15:00) | Tuis - Vesco |
“Jy is nooit volledige geklee sonder ‘n glimlag nie!” -Martin Charnin-