Oueromsendbrief 25 van 2018

Geagte Ouers

LEED
Ons innige simpatie met die afsterwe van Darius Matthee, Gr. 2S se mamma. Ons vertrou dat Jesus die gesin in hierdie hartseer tyd sal vertoos.

PUBLIEKE VAKANSIEDAE
Ons herinner u daaraan dat Vrydag, 10 Augustus 2018, ‘n skoolvakansiedag is vir ons DF-leerders en -personeel. Alle afdelings van die skool sal dus gesluit wees en Donderdag, 9 Augustus 2018, ‘n publieke vakansiedag is.

RUGBYRAAI
Daar was algeheel 5 wenners wat die tellings reggeraai het. Baie geluk aan Bea Smith (2M) wat gewen het met die gelukkige trekking! Baie geluk aan Di-Wan van Rooyen (1K) wat die meeste geld ingesamel het.
Dankie vir almal se ondersteuning.

TOETSROOSTER : GR 4-7
Soos uiteengesit op assesseringsplan

DatumGraadVak
7 AugustusGr. 4-7Afr. Begripstoets
8 AugustusGr. 4-7Eng. Comprehension
13 AugustusGr. 7Kuns & Kultuur
14 AugustusGr. 4-7SW: Geografie
16 AugustusGr. 4-7NW/TEG
20 AugustusGr. 4-7Tegnologie
21 AugustusGr. 7Afr: Taal
23 AugustusGr. 4-7Eng: Language
27 AugustusGr. 4-7Wiskunde
28 AugustusGr. 4-7SW: Geskiedenis
3 SeptemberGr. 7EBW
4 SeptemberGr. 4-7LO/LW
11 SeptemberGr. 4-7Afr: Skryfstukke
13 SeptemberGr. 4-7Eng: Skryfstukke

Neem asseblief kennis dat die LO en LV – Vraestelle
(Gr 4- 7) nie meer op 5 September geskryf word nie, maar
wel op 4 September 2018.

KOOR
BELANGRIKE DATUMS
17 Augustus 2018, Vaaldriehoek Kunstefees, te Laerskool Kollegepark om 14:30.
23 Augustus 2018, optrede saam met Elvis Blue by Kompas Gemeente. Verdere inligting sal gegee word.
25 Augustus 2018, Vereeniging Kunstefees by Hoërskool Drie Riviere

SKAAK
Oefening hervat weer na die langnaweek op 15 Augustus 2018. Almal wat die D8-toernooi gespeel het, moet teenwoordig wees.

GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Kom kyk hoe spat die meelbom op jou nommer en wen R10 000.00. Die meelbom sal bars op Vrydag, 21 September 2018, om 13:30 op die rugbyveld. Eerste prys is R10 000.00, tweede prys is R5000.00 en die derde prys is R 2000.00. Kaartjies is slegs R 100.00 elk. Kaartjies is beskikbaar by alle graad 3-
leerders of ouers.

HOKKIEKLERE
Die senior spanne speel almal met dieselfde klere. Kouse is by Me E Engels beskikbaar.
Alle uitstaande klere se gelde moet asseblief so gou moontlik betaal word: Seuns-R360, Dogters-R370.
Baie dankie.

HOKKIEKOUSE
Daar is hokkiekouse beskikbaar by Mev. Elsebe Engels teen R75 n paar. Alle spanne speel met die DF rooi en geel kouse, behalwe die 1 ste spanne.

HOKKIE
Geluk aan die spanne wat so mooi speel. Sterkte met die wedstryde wat nog gespeel moet word.
Alle ligawedstryde bly soos wat dit deurgegee is.

“Hoe jy dink, bepaal wie jy is.” -John C Maxwell-
08 Augustus 2018