Oueromsendbrief 26 van 2018

Geagte Ouers

SPORTFOTO’S
Op Donderdag, 30 Augustus 2018, word alle sportfoto’s geneem. Die koste van die foto’s beloop R30
per foto en kan solank by die afrigters of onderwysers inbetaal word. Buite-afrigters moet asseblief hierdie dag aanteken om beskikbaar te wees vir die neem van foto’s.

INTERNETOORBETALINGS
Graag wil ons u net herinner om asseblief die verwysingsnommer te gebruik met inbetalings vir skoolfonds. Vir enige ander inbetalings gebruik u verwysingsnommer en waarvoor die betaling is, byvoorbeeld 3XXX01 – hokkietoer.

LOSLITDAG
Vrydag, 7 September 2018, is loslitdag. Plakkers teen R10 is in die kantoor beskikbaar. Indien die leerders ‘n plakker koop, kan hulle gewone klere aantrek. Dit gaan ten bate van persone met ‘n gestremdheid.

TOETSROOSTER : GR 4-7

Soos uiteengesit op assesseringsplan

DatumGraadVak
7 AugustusGr. 4-7Afr. Begripstoets
8 AugustusGr. 4-7Eng. Comprehension
13 AugustusGr. 7Kuns & Kultuur
14 AugustusGr. 4-7SW: Geografie
16 AugustusGr. 4-7NW/TEG
20 AugustusGr. 4-7Tegnologie
21 AugustusGr. 7Afr: Taal
23 AugustusGr. 4-7Eng: Language
27 AugustusGr. 4-7Wiskunde
28 AugustusGr. 4-7SW: Geskiedenis
3 SeptemberGr. 7EBW
4 SeptemberGr. 4-7LO/LW
11 SeptemberGr. 4-7Afr: Skryfstukke
13 SeptemberGr. 4-7Eng: Skryfstukke

Neem asseblief kennis dat die LO en LV – Vraestelle
(Gr 4- 7) nie meer op 5 September geskryf word nie, maar
wel op 4 September 2018.

SKAAK
Oefening is weer op Woensdag, 22 Augustus 2018, vir 0/11 en 0/13.

KOEKVERKOPING
Die gr 7’s hou môre, 17 Augustus 2018, ‘n heerlike koekverkoping. Kom met sakke vol geld om hulle te ondersteun.

KOOR
Vrydag, 17 Augustus 2018, tree ons by die Vaaldriehoek Kunstefees te Laerskool Kollegepark op. Koorlede moet 14:45 daar wees met hul somersdrag (Geen truie nie asb). Dogters se hare moet in ‘n Franse vlegsel wees met ‘n rooi strikkie.

Donderdag, 23 Augustus 2018, is dit ons optrede saam met Elvis Blue. Leerders moet Donderdag 17:00 by Kompas Gemeente wees. Die optrede begin 18:30 en ons behoort 20:00 klaar te wees. Daar is nog kaartjies beskikbaar. Leerders kan versnaperings inpak.

Maandag, 27 Augustus 2018, tree ons by die Vereeniging Kunsfees te Hoërskool Drie Riviere op. Leerders moet 15:15, in hul somersdrag daar wees. Leerders wat probleme met vervoer het, moet hul name by Mev. Pretorius opgee.

LANDLOOP
Baie geluk aan die volgende atlete wat op 17 Augustus 2018, aan die area-landloopbyeenkoms deelneem. Hulle is:

  • Dominik Garacki
  • Meyer Booyens
  • Hannah Lize Korend
  • Lynic Fourie
  • Johanné Valentin
  • Lisa Willle
    Baie sterkte en gee net julle beste.

RO-KLASSE
Maandag, 27 Augustus 2018, sal daar geen RO-klasse wees nie.

GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Kom kyk hoe spat die meelbom op jou nommer en wen R10 000.00. Die meelbom sal bars op Vrydag, 21 September 2018, om 13:30 op die rugbyveld. Eerste prys is R10 000.00, tweede prys is R5000.00 en die derde prys is R 2000.00. Kaartjies is slegs R 100.00 elk. Kaartjies is beskikbaar by alle graad 3-
leerders of ouers.

HOKKIE
Geluk aan die spanne wat gewen het. Baie sterkte aan die wedstryde wat gespeel word. Dankie vir al die ouers wat die hokkie en hulle kinders ondersteun.

Elvis Blue!!! Donderdag, 23 Augutus 2018
Die Graad 5‘s bied aan: Elvis Blue!!! Donderdag, 23 Augutus 2018. 18:30. Kompasgemeente. R150 per kaartjie. Kaartjies sal vanaf volgende week te koop wees by: Laerskool DF Malherbe. Elvis gaan ook saam met 2 skoolkore optree. Ook saam met DF se skoolkoor. Kom ondersteun asseblief die projek!!

“Moeilike tye is die boustene van sukses.”
-Anoniem- 16 Augustus 2018