Oueromsendbrief 28 van 2018
Geagte Ouers
SPORTFOTO’S
Vandag, 30 Augustus 2018, is alle sportfoto’s geneem. Die koste van die foto’s beloop R30
per foto en kan by die afrigters of onderwysers inbetaal word.
PRODUKSIE 2000
Op Woensdag, 26 September 2018, word die skool deur ‘n professionele teatermaatskappy besoek. Die opvoedkundige produksie is getiteld “DIE LEGKAART”. Koste van die produksie is R5 per leerder, wat vooraf by die registeronderwyser inbetaal kan word.
LOSLITDAG
Vrydag, 7 September 2018, is loslitdag. Plakkers teen R10 is in die kantoor beskikbaar. Indien die leerders ‘n plakker koop, kan hulle gewone klere aantrek. Dit gaan ten bate van persone met ‘n gestremdheid.
KUNSFEES
Alle sertifikate moet na afloop van die optredes na Mev. Verster toe geneem word.
TOETSROOSTER : GR 4-7
Soos uiteengesit op assesseringsplan
- 3 September
Gr. 7 : EBW - 4 September
Gr. 4-7 : LO/LW - 11 September
Gr. 4-7 : Afr: Skryfstukke - 13 September
Gr. 4-7 : Eng: Skryfstukke
Neem asseblief kennis dat die LO en LV – Vraestelle
(Gr 4- 7) nie meer op 5 September geskryf word nie, maar
wel op 4 September 2018.
HOKKIE
Baie geluk aan die spanne wat die week gewen het. Sterkte met die volgende wedstryde.
Daar is nog heelwat kleregeld uitstaande wat asseblief so gou moontlik betaal moet word. Dankie vir dié wat reeds betaal het. Seuns – R360 en Dogters – R370.
RO-KLASSE
Die laaste RO-klasse vir hierdie kwartaal sal die 12de September wees.
LANDLOOP
Baie sterkte aan Johanné Valentin wat op Saterdag, 1 September 2018, aan die D8-kampioenskappe gaan deelneem. D.F. is baie trots op jou.
GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Kom kyk hoe spat die meelbom op jou nommer en wen R10 000.00. Die meelbom sal bars op Vrydag, 21 September 2018, om 13:30 op die rugbyveld. Eerste prys is R10 000.00, tweede prys is R5000.00 en die derde prys is R 2000.00. Kaartjies is slegs R 100.00 elk. Kaartjies is beskikbaar by alle graad 3- leerders of ouers.
SKAAK
Die 0/11- en 0/13-skaakspanne het Vrydag, 24 Augustus 2018, in Pretoria aan die Gauteng laerskolespan skaakkampioenskappe deelgeneem. Almal het ons skool se naam hoog gehou ten opsigte van gedrag en goeie sportmangees. Die 0/13’s was onder die top 5 skole gewees. Voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees.
NB Uitspeel vir 2019 se skaakspanne vind op 5, 12 en 19 September plaas.
- Gr 1, 2 en 3 (2019) me. B. Brits (0/9) Klaskamer 52
- Gr 4 en 5 (2019) me. A. Vermeulen (0/11) Mediasentrum
- Gr 6 en 7 (2019) me. M. Vorster (0/13) Klaskamer 39
Leerders moet asseblief hulle eie skaakstelle saambring.
Tye:
- 0/9 13:15 tot 14:30
- 0/11 en 0/13 14:00 to 15:15
C4C-KUNSKOMPETISIE
Stem asseblief vir die volgende leerlinge op “facebook”
C4C Project:
- Bronwyn Rossouw – N117
- Neva Walters – N118
“Geloof is die voëltjie wat sing terwyl dit nog donker is.:” -Max Lucado-
30 Augustus 2018