Oueromsendbrief 29 van 2018

HOOF
Mnr Stander is volgende week in Port Elizabeth vir die hoofdesimposium. As daar enige probleme is, kan dit na Mnr Purcell geneem word.

SPOED
Ons doen ‘n dringende beroep op ons ouers om asseblief om ons skool slegs 20km per uur te ry. Ons leerders se veiligheid is vir ons baie belangrik.

WISKUND- EN WETENSKAP-IN-AKSIE 2018
‘n Groep van vyftig Gr6-en Gr7-leerders het aan die Wisknde-en Wetenskap-in-aksie-projek deelgeneem. Die projek is deur SAOU aangebied. Die volgende leerders is op grond van hulle uitslae uitgenooi na ‘n pretdag wat op Saterdag, 15 September 2018, gaan plaasvind by die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Wiskunde

  • Ané du Plooy Gr 6
  • Eon le Grange Gr 6
  • Jaun Minnaar Gr 7
  • Gretay Mayers Gr 7
  • William LennoxGr 7
  • Michael Lamont Gr 7

Wetenskap

  • Jaun Minnaar Gr 7
  • Bronwyn Rossouw Gr 7

Baie geluk aan die leerders. Ons is trots op julle!

KOEKVERKOPING
Die graad 5’s hou Vrydag, 7 September 2018, ‘n koekverkoping. Bring ‘n paar rand saam en kom koop van die heerlike eetgoed.

SPORTFOTO’S
Alle sportfoto’s is die 30ste Augustus 2018, geneem. Die koste van die foto’s beloop R30 per foto en kan by die afrigters of onderwysers inbetaal word. U het nog tyd tot 21 September 2018, om bestellings te plaas. Daarna beskou ons dit as afgehandel en láát bestellings sal ongelukkig nie hanteer kan word nie.

KOOR
Kooroefening sal Vrydag, 7 September 2018, tot 16:00 wees.

PRODUKSIE 2000
Op Woensdag, 26 September 2018, word die skool deur ‘n professionele teatermaatskappy besoek. Die opvoedkundige produksie is getiteld “DIE LEGKAART”. Koste van die produksie is R5 per leerder, wat vooraf by die registeronderwyser inbetaal kan word.

LOSLITDAG
Môre, 7 September 2018, is loslitdag. Plakkers teen R10 is in die kantoor beskikbaar. Indien die leerders ‘n plakker koop, kan hulle gewone klere aantrek môre. Dit gaan ten bate van persone met ‘n gestremdheid.

KUNSFEES
Môre, 7 September 2018, is die laaste dag om alle sertifikate na Mev. Verster toe te vat. Sonder die sertifikate kan ons niks finaliseer vir die prysuitdeling nie.

TOETSROOSTER: GR 4-7
Soos uiteengesit op assesseringsplan
11 September Gr. 4-7 Afr: Skryfstukke
13 September Gr. 4-7 Eng: Skryfstukke

RO-KLASSE
Die laaste RO-klasse vir hierdie kwartaal sal die 12de September wees.

GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Kom kyk hoe spat die meelbom op jou nommer en wen R10 000.00. Die meelbom sal bars op Vrydag, 21 September 2018, om 13:30 op die rugbyveld. Eerste prys is R10 000.00, tweede prys is R5000.00 en die derde prys is R 2000.00. Kaartjies is slegs R 100.00 elk. Kaartjies is beskikbaar by alle graad 3- leerders of ouers.

SKAAK
NB Uitspeel vir 2019 se skaakspanne vind op 12 en 19 September plaas.

  • Gr 1, 2 en 3 (2019) me. B. Brits (0/9) Klaskamer 52
  • Gr 4 en 5 (2019) me. A. Vermeulen (0/11) Mediasentrum
  • Gr 6 en 7 (2019) me. M. Vorster (0/13) Klaskamer 39

Leerders moet asseblief hulle eie skaakstelle saambring.
Tye:

  • 0/9 13:15 tot 14:30
  • 0/11 en 0/13 14:00 to 15:15

C4C-KUNSKOMPETISIE
Stem asseblief vir die volgende leerlinge op “facebook”
C4C Project: Bronwyn Rossouw – N117
Neva Walters – N118

LANDLOOP
Baie sterkte aan Me. Karin Dötze wat hierdie naweek aan die SA’s in Port Elizabeth gaan deelneem. Ons weet sommer dit sal baie goed gaan. D.F. is trots op u !

OUBAAS COETZEE ATLETIEKBYEENKOMS
Oubaas Coetzee Atletiekbyeenkoms vind op Donderdag, 11 Oktober 2018, by D.P. de Villiers-stadion, Sasolburg, plaas. Die inskrywingsgelde beloop R20 per atleet (ongeag die hoeveelheid items waaraan die atleet mag deelneem). Die gelde is betaalbaar deur die atleet op die dag van die byeenkoms by die hek. Atlete kan aan meer as 1 item deelneem. Inskrywings sluit 10 Oktober 2018 teen 12:00.
Ouderdomsgroepe is O/10 tot O/13
Items : 80m; 100m; 150m; 300m; 1000m
70mh; 75mh; 80mh; 90mh; 100mh; 110mh
Verspring; Hoogspring; Diskus; Gewigstoot; Spiesgooi

HOKKIE
Baie geluk aan die 1ste span seuns en 2de span dogters wat D8-ligawenners is vir 2018. Ons is trots op julle. Sterkte met almal se laaste wedstryde.
Daar is nog heelwat kleregeld uitstaande wat asseblief so gou moontlik betaal moet word. Dankie vir die wat reeds betaal het. Seuns R360 en Dogters R370

GESINSFEES
Kinders onder 12, R100 en kinders onder 2, gratis

Ons herinner net die graad 4-ouers van die lysie vir die benodighede wat uitgestuur is, sodat hul die benodighede of die bedrag geld so gou moontlik kan terug stuur.
Kaartjies beskikbaar in die kantoor of by Tersia Booyens en Maria de Lange.
Kontak vir Tersia Booyens – 079 022 9933 of Maria de Lange – 082 427 2836

Impak Kampus Naskool-sentrum
Kontak Adri 083 321 7274/ 016 932 1400 Sedert 2007… *Registrasie nou oop vir volgende jaar! *Groepe maksimum van 10 leerders *Oorkant DF – Mansardstraat 42 (Veilig-Niemand vervoer kinders nie!) *Hulp met huiswerk *Stap na alle DF-aktiwiteite en Speel&Leer(kumon&Lees en Leer is ons bure!!) *Geen verskuilde kostes gedurende vakansie nie *Middagete ingesluit *Puik naskool teen bekostigbare prys!

 

“Net die tyd leer ons. Niemand word wys gebore nie.” -Miguel de Cervantes-
06 September 2018