Oueromsendbrief 30 van 2018

Geagte Ouers

DF-HUISWERKBOEKIE 2019
Ons is hard besig om ‘n DF-huiswerkboekie te laat druk en die kompetisie vir die voorblad is reeds aan die leerders deurgegee. Dit beloop R20 per inskrywing. Ons vra groot asseblief hulp van adverteerders vir die boekie. Indien u bereid is om ‘n advertensie in die boekie te plaas, kan u vir Mev Meijer skakel (076 392 5717) vir meer inligting. Dankie vir u getroue ondersteuning.

ELVIS BLUE
Baie dankie aan al ons ouers, personeel en borge wat betrokke was om van hierdie geleentheid so ‘n reuse sukses te maak. Ons het ‘n pratige bedrag van R49131.50 ingesamel en kan dit baie goed tot die skool se ontwikkeling, aanwend.

SPOED
Ons doen ‘n dringende beroep op ons ouers om asseblief om ons skool slegs 20km per uur te ry. Ons leerders se veiligheid is vir ons baie belangrik.

KOEKVERKOPING
Baie dankie aan al die graad 5-ouers wat ruim bygedra het en behulpsaam was met die verkoping. Ons samel ‘n pragtige bedrag van R6474.00 in.

WISKUNDE- EN WETENSKAP-IN-AKSIE 2018
‘n Groep van vyftig Gr6-en Gr7-leerders het aan die Wiskunde-en Wetenskap-in-aksie-projek deelgeneem. Die projek is deur SAOU aangebied. Die volgende leerders is op grond van hulle uitslae uitgenooi na ‘n pretdag wat op Saterdag, 15 September 2018, gaan plaasvind by die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Wiskunde

  • Ané du Plooy Gr 6
  • Eon le Grange Gr 6
  • Jaun Minnaar Gr 7
  • Gretay Mayers Gr 7
  • William LennoxGr 7
  • Michael Lamont Gr 7

Wetenskap

  • Jaun Minnaar Gr 7
  • Bronwyn Rossouw Gr 7

Baie geluk aan die leerders. Ons is trots op julle!

SPORTFOTO’S
Alle sportfoto’s is die 30ste Augustus 2018, geneem. Die koste van die foto’s beloop R30 per foto en kan by die afrigters of onderwysers inbetaal word. U het nog tyd tot 21 September 2018, om bestellings te plaas. Daarna beskou ons dit as afgehandel en láát bestellings sal ongelukkig nie hanteer kan word nie.

KOOR
Die koor oefen Vrydagoggend tydens gewyde sang en nie Vrydagmiddag nie. Die oefening van Vrydagmiddag, 21 September 2018, verval en sal op Woensdag, 19 September 2018, gedoen word van 14:00 tot 15:00.

PRODUKSIE 2000
Op Woensdag, 26 September 2018, word die skool deur ‘n professionele teatermaatskappy besoek. Die opvoedkundige produksie is getiteld “DIE LEGKAART”. Koste van die produksie is R5 per leerder, wat vooraf by die registeronderwyser inbetaal kan word.

GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Kom kyk hoe spat die meelbom op jou nommer en wen R10 000.00. Die meelbom sal bars op Vrydag, 21 September 2018, om 13:30 op die rugbyveld. Eerste prys is R10 000.00, tweede prys is R5000.00 en die derde prys is R 2000.00. Kaartjies is slegs R 100.00 elk. Kaartjies is beskikbaar by alle graad 3-
leerders of ouers.

HOKKIE
Baie geluk aan die 0/11A-seuns wat die ligawenners is. Sterkte aan die 1ste span seuns wat Sondag aan die Best of the Best deelneem. Ons weet julle gaan hard speel en DF trots maak. Baie dankie aan elke seun en dogter vir ‘n lekker hokkieseisoen. Julle was tops!
Daar is nog kleregeld uitstaande wat asseblief so gou moontlik betaal moet word. Dankie vir die wat reeds betaal het. Seuns R360 en dogters R370.

SKAAK
NB Uitspeel vir 2019 se skaakspanne vind op 19 September 2018 plaas.
Gr 1, 2 en 3 (2019) me. B. Brits (0/9) Klaskamer 52
Gr 4 en 5 (2019) me. A. Vermeulen (0/11) Mediasentrum
Gr 6 en 7 (2019) me. M. Vorster (0/13) Klaskamer 39

Leerders moet asseblief hulle eie skaakstelle saambring.
Tye:0/913:15 tot 14:30
0/11 en 0/1314:00 to 15:15

C4C-KUNSKOMPETISIE
Stem asseblief vir die volgende leerlinge op “facebook” C4C Project:

  • Bronwyn Rossouw – N117
  • Neva Walters – N118
  • MJ Roets – N12

OUBAAS COETZEE ATLETIEKBYEENKOMS
Oubaas Coetzee Atletiekbyeenkoms vind op Donderdag, 11 Oktober 2018, by D.P. de Villiers-stadion, Sasolburg, plaas.
Die inskrywingsgelde beloop R20 per atleet (ongeag die hoeveelheid items waaraan die atleet mag deelneem). Die gelde is betaalbaar deur die atleet op die dag van die byeenkoms by die hek. Atlete kan aan meer as 1 item deelneem. Inskrywings sluit 10 Oktober 2018 teen 12:00.
Ouderdomsgroepe is O/10 tot O/13
Items : 80m; 100m; 150m; 300m; 1000m
70mh; 75mh; 80mh; 90mh; 100mh; 110mh
Verspring; Hoogspring; Diskus; Gewigstoot; Spiesgooi

GESINSFEES
Kinders onder 12, R100 en kinders onder 2, gratis

Ons herinner net die graad 4-ouers van die lysie vir die benodighede wat uitgestuur is, sodat hul die benodighede of die bedrag geld so gou moontlik kan terug stuur.
Kaartjies beskikbaar in die kantoor of by Tersia Booyens en Maria de Lange.
Kontak vir Tersia Booyens – 079 022 9933 of Maria de Lange – 082 427 2836

Impak Kampus Naskool-sentrum
Kontak Adri 083 321 7274/ 016 932 1400 Sedert 2007… *Registrasie nou oop vir volgende jaar! *Groepe maksimum van 10 leerders *Oorkant DF – Mansardstraat 42 (Veilig-Niemand vervoer kinders nie!) *Hulp met huiswerk *Stap na alle DF-aktiwiteite en Speel&Leer(kumon&Lees en Leer is ons bure!!) *Geen verskuilde kostes gedurende vakansie nie *Middagete ingesluit *Puik naskool teen bekostigbare prys!
Colour obstacle rush
Saterdag, 3 November 2018, 9uur by Old Vaaltonians

Kom geniet ‘n kleurvolle dag vol opwinding en baie gees, vir oud èn jonk! Kaartjies is reeds beskikbaar by die Graad 1-onderwyseresse teen R100 per kind. Persone wat nie deelneem nie, se ingang beloop R10, wat op diè dag ook by die hek gekoop kan word. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar, so kry nou jou kaartjie om deel te wees van die pret. Bring die hele gesin vir ‘n dag vol pret! Daar sal kos en koeldrank beskikbaar wees.

Coenie’s Krieketakademie 083 275 1939

“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” -Psalm 37:4-
13 September 2018