Oueromsendbrief 31 van 2018 

VAKANSIEDAG
Ons herinner u daaraan dat Maandag, 24 September 2018, ‘n publieke vakansiedag is vir ons DF-leerders en -personeel. Alle afdelings van die skool sal dus gesluit wees..

VAKANTE POS
Graad R-assistentepos beskikbaar te Laerskool DF Malherbe. Aanvangsdatum: 1 Januarie 2019. E-pos of faks u aansoeke voor of op 26 Oktober 2018. E-pos: kantoor@ldfm.co.za Faks: 0169324777

SKOOL SLUIT: 28 SEPTEMBER 2018
Die skool sluit die 28ste September 2018 en heropen op 9 Oktober 2018. Leerders kom skool toe om hulle rapporte by hulle registeronderwysers te ontvang vanaf 07:15 en dan gaan hulle direk huis toe.

ENTREPRENEURSDAG
Die graad 7’s hou Donderdag, 27 September 2018, ‘n entrepreneursdag by die skool. Ons doen ‘n beroep op die leerders om hulle die dag te ondersteun.

DF-HUISWERKBOEKIE 2019
Ons is hard besig om ‘n DF-huiswerkboekie te laat druk en die kompetisie vir die voorblad is reeds aan die leerders deurgegee. Dit beloop R20 per inskrywing. Ons vra groot asseblief hulp van adverteerders vir die boekie. Indien u bereid is om ‘n advertensie in die boekie te plaas, kan u vir Mev Meijer skakel (076 392 5717) vir meer inligting. Dankie vir u getroue ondersteuning.

ATLETIEK
Middelafstande-oefening begin Dinsdag, 9 Oktober 2018, om 14:00 – 15:00. Ons oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae. Onthou jou waterbottel.

WALTONS
U kind ontvang vandag die Waltons-skryfbehoeftelys. Al die inligting is op die dokument beskikbaar. Alle bestelvorms kan gefaks of ge-epos word voor of op 5 Oktober 2018. Die Waltonspakkette sal 5 November 2018, tussen 08:00 en 10:00 by die skool wees.

SPORTFOTO’S
Alle sportfoto’s is die 30ste Augustus 2018, geneem. Die koste van die foto’s beloop R30 per foto en kan by die afrigters of onderwysers inbetaal word. U het nog tyd tot 21 September 2018, om bestellings te plaas. Daarna beskou ons dit as afgehandel en láát bestellings sal ongelukkig nie hanteer kan word nie.

PADPATROLLIE
Ons doen ‘n ernstige beroep op ál ons ouers om asseblief by die padpatrollie die oorgang te gebruik. Daardeur stel u vir ons leerders ‘n goeie voorbeeld.

PRODUKSIE 2000
Op Woensdag, 26 September 2018, word die skool deur ‘n professionele teatermaatskappy besoek. Die opvoedkundige produksie is getiteld “DIE LEGKAART”. Koste van die produksie is R5 per leerder, wat vooraf by die registeronderwyser inbetaal kan word.

C4C-KUNSKOMPETISIE
Stem asseblief vir die volgende leerlinge op “facebook”

  • C4C Project: Bronwyn Rossouw – N117
  • Neva Walters – N118
  • MJ Roets – N12

HOKKIE
Baie geluk aan die 1ste span seuns wat Best of the Best gewen het. DF is trots op julle. Baie sterkte met die Champs of the Champs waaraan hulle van 28-29 September 2018, gaan deelneem
Daar is nog kleregeld uitstaande wat asseblief so gou moontlik betaal moet word. Dankie vir die wat reeds betaal het. Seuns R360 en dogters R370.

GRAAD 3-FONDSINSAMELINGSPROJEK : DIE MEELBOMKOMPETISIE
Die meelbomme gaan op Vrydag, 21 September 2018, om 13:30 op die rugbyveld gegooi word. Ons vra asseblief dat ALLE GRAAD 3-leerders ook teenwoordig sal wees. Die kinders gaan om 13:00 na die pawiljoen uitbeweeg. Die graad 3-leerders sal om 13:45 saam met die res van die skool verdaag. Kom kyk gerus wie wen die R10 000, R5000 en die R2000 kontantprys. Daar is verskeie troospryse vir die res van die kaartjiehouers.

OUBAAS COETZEE ATLETIEKBYEENKOMS
Oubaas Coetzee Atletiekbyeenkoms vind op Donderdag, 11 Oktober 2018, by D.P. de Villiers-stadion, Sasolburg, plaas.
Die inskrywingsgelde beloop R20 per atleet (ongeag die hoeveelheid items waaraan die atleet mag deelneem). Die gelde is betaalbaar deur die atleet op die dag van die byeenkoms by die hek. Atlete kan aan meer as 1 item deelneem. Inskrywings sluit 10 Oktober 2018 om 12:00.
Ouderdomsgroepe is O/10 tot O/13
Items : 80m; 100m; 150m; 300m; 1000m
70mh; 75mh; 80mh; 90mh; 100mh; 110mh
Verspring; oogspring; Diskus; Gewigstoot; Spiesgooi

GESINSFEES
Ons herinner net die graad 4-ouers van die lysie vir die benodigdhede wat uitgestuur is, sodat hul die bestanddele of die R100 so gou moontlik kan terug stuur.

Ons Osbraai-tente se kaartjies vlieg vinniger as wat ons gedink het.  Osbraai-kaartjies sluit in die optredes van die kunstenaars en ‘n 3-gang maaltyd.  Jy en jou gesin word dan beskou as ‘n EREGAS en mag jy jou eie drinkgoed vir die dag saambring. So spaar jy en kan jy jou geld vir geskenkies by die stalletjies gebruik of by die ekstra vermaak wat die dag aangebied word.  Ons tente word spesiaal gereed gemaak vir al ons gaste. Die tente is:

1. Wild Wild West (Paar plekke beskikbaar)
2. Hok toe! (Paar plekke beskikbaar)
3. Lente in die Karoo (Paar plekke beskikbaar)
4. Kalahari Kraal (Paar plekke beskikbaar)
5. Madeliefie (Amper vol)
6. Osbraai op Lekkerdraai (Vol bespreek)
7. Viva la Fiesta (Amper vol)
8. The Rebels (Amper vol)
9. Yellow Mellow (Paar plekke beskikbaar)
10. Bietjie Bos (Paar plekke beskikbaar)

Nooi julle familie om die dag saam te kom kuier.  Moet dit nie misloop nie. Pryse is R150pp en R100 (kinders onder 12). Onthou, jy hoef nie vir kinders onder 2 jaar ‘n bord kos te koop nie. Hulle eet sommer saam met Mamma en Pappa uit hulle bord.  Kaartjies is beskikbaar by die kantoor.  Indien jy by ‘n spesifieke tent wil bespreek, kontak Tersia Booyens – 079 022 9933 of Maria de Lange – 082 427 8236.

HOP – AAND
Vrydagaand, 12 Oktober 2018 DF Malherbe-skoolsaal Verversings sal te koop wees MOET DIT NIE MISLOOP NIE
GRAAD-6 FONDSINSAMELINGSPROJEK
BRAAIKOMPETISIE MET ‘N VERSKIL Hou jy van pret, lekker lag, heerlike kos en wyn? Kom neem deel aan ons “Braaikompetisie” waar jy voor-, hoof- en nagereg op die kole moet voorberei. Skryf jou span (4 persone) in teen R2000 en staan ‘n kans om R10 000 te wen. Braaikompetisie vind op 24 November 2018 plaas by Laerskool DF Malherbe. Vir verdere inligting, kontak Gerdalize 064 758 4148 of Charmaine 082 927 8444

“Sukses is ‘n reis, nie ‘n bestemming nie.” -Ben Sweetland-
20 September 2018