Oueromsendbrief 32 van 2018

Geagte Ouers

SKOOL SLUIT: 28 September 2018
Die skool sluit vandag, 28 September 2018 en heropen op 9 Oktober 2018. Geniet u vakansie. Rus lekker en wees veilig waar u ook al gaan.

LEED
Ons dink aan Mev. Pretorius wat ‘n groot operasie ondergaan het. Baie sterkte en ons bid vir ‘n spoedige herstel.

LIEF
Baie geluk aan Me. Karin-Mari Pretorius wat op 22 September 2018 in die huwelik getree het. Mag julle net mooi en geseënde jare geniet.

VAKANTE POS
Graad R-assistentepos beskikbaar te Laerskool DF Malherbe. Aanvangsdatum: 1 Januarie 2019. E-pos of faks u aansoeke voor of op 26 Oktober 2018. E-pos: kantoor@ldfm.co.za Faks: 0169324777

DIE MEELBOMKOMPETISIE
Baie dankie aan al ons graad 3-leerders, onderwysers en organiseerders van die Meelbomkompetisie. Dit was ‘n reuse sukses en daar is ‘n bedrag van R78 050-00 ingesamel. Baie geluk aan al ons wenners.

1ste Prys : F. Stopforth. 2de Prys : M. Buchholz. 3de Prys : L. Jansen van Vuuren.
Troospryse: P. Aucamp, N. Du Toit, H. Pieterse, K. Coetzer, H. Meintjies, A. Mostert.

Baie geluk aan die graad 3M-klas wat die meeste kaartjies verkoop het. Baie geluk aan Daniella Grobbelaar – leerder wat die meeste kaartjies verkoop het. Baie dankie aan al ons borge: Speel en Leer, Harry’s Wholesale Butchery, B-Executive, Conframat Bricks and Pavers, Peritus Forex, Appelliefie, J. Fourie, Da Lush Hair studio, Mnr en Mev Botha, Mnr en Mev Mayers, L. Coetzee, C. Wille en ons twee anonieme borge.

DF-HUISWERKBOEKIE 2019
Ons is hard besig om ‘n DF-huiswerkboekie te laat druk en die kompetisie vir die voorblad is reeds aan die leerders deurgegee. Dit beloop R20 per inskrywing. Ons vra groot asseblief hulp van adverteerders vir die boekie. Indien u bereid is om ‘n advertensie in die boekie te plaas, kan u vir Mev Meijer skakel (076 392 5717) vir meer inligting.
Dankie vir u getroue ondersteuning.

ATLETIEKUITDUNNE
Atletiekuitdunne sal op 10 en 11 Oktober 2018 vanaf 14:00-15:00 en 15:00-16:00 plaasvind. Ons moedig die leerders aan om asseblief die uitdunne getrou by te woon.

ATLETIEK
Middelafstande-oefening is om 14:00 – 15:00. Ons oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae. Onthou jou waterbottel.

WALTONS
U kind het Donderdag, 20 September 2018, ‘n Waltons-skryfbehoeftelys gekry. Al die inligting is op die dokument beskikbaar. Alle bestelvorms kan gefaks of ge-epos word voor of op 5 Oktober 2018. Die Waltonspakkette sal 5 November 2018, tussen 08:00 en 10:00, by die skool wees.

C4C-KUNSKOMPETISIE
Stem asseblief vir die volgende leerlinge op “facebook”
C4C Project: Bronwyn Rossouw – N117
Neva Walters – N118
MJ Roets – N12

MINI-HOKKIE
Enige Graad 1-tot 3-leerders wat belangstel om hulle mini-hokkie vaardighede op te knap, kan elke Dinsdag en Donderdag, 13:00-14:00, kom saam oefen. Oefening begin reeds 9 Oktober 2018 en is nie verpligtend nie.

HOKKIE
Baie geluk aan die 1ste-span seuns wat Best of the Best gewen het. DF is trots op julle. Baie sterkte met die Champs of the Champs waaraan hulle van 28-29 September 2018, gaan deelneem. Daar is nog kleregeld uitstaande wat asseblief so gou moontlik betaal moet word. Dankie vir die wat reeds betaal het. Seuns R360 en dogters R370.

OUBAAS COETZEE ATLETIEKBYEENKOMS
Oubaas Coetzee Atletiekbyeenkoms vind op Donderdag, 11 Oktober 2018, by D.P. de Villiers-stadion, Sasolburg, plaas.
Die inskrywingsgelde beloop R20 per atleet (ongeag die hoeveelheid items waaraan die atleet mag deelneem). Die gelde is betaalbaar deur die atleet op die dag van die byeenkoms by die hek. Atlete kan aan meer as 1 item deelneem. Inskrywings sluit 10 Oktober 2018 om 12:00.
Ouderdomsgroepe is O/10 tot O/13
Items : 80m; 100m; 150m; 300m; 1000m
70mh; 75mh; 80mh; 90mh; 100mh; 110mh
Verspring; Hoogspring; Diskus; Gewigstoot; Spiesgooi

 

Colour obstacle rush
Saterdag, 3 November 2018, 9uur by Old Vaaltonians

GESINSFEES
Ons herinner net die graad 4-ouers van die lysie vir die benodigdhede wat uitgestuur is, sodat hul die bestanddele of die R100 so gou moontlik kan terug stuur.

Ons Osbraai-tente se kaartjies vlieg vinniger as wat ons gedink het.  Osbraai-kaartjies sluit in die optredes van die kunstenaars en ‘n 3-gang maaltyd.  Jy en jou gesin word dan beskou as ‘n EREGAS en mag jy jou eie drinkgoed vir die dag saambring. So spaar jy en kan jy jou geld vir geskenkies by die stalletjies gebruik of by die ekstra vermaak wat die dag aangebied word.  Ons tente word spesiaal gereed gemaak vir al ons gaste. Die tente is:

1. Wild Wild West (Paar plekke beskikbaar)
2. Hok toe! (Paar plekke beskikbaar)
3. Lente in die Karoo (Paar plekke beskikbaar)
4. Kalahari Kraal (Paar plekke beskikbaar)
5. Madeliefie (Amper vol)

6. Osbraai op Lekkerdraai (Vol bespreek)
7. Viva la Fiesta (Amper vol)
8. The Rebels (Amper vol)
9. Yellow Mellow (Paar plekke beskikbaar)
10. Bietjie Bos (Paar plekke beskikbaar)

Nooi julle familie om die dag saam te kom kuier.  Moet dit nie misloop nie. Pryse is R150pp en R100 (kinders onder 12). Onthou, jy hoef nie vir kinders onder 2 jaar ‘n bord kos te koop nie. Hulle eet sommer saam met Mamma en Pappa uit hulle bord.  Kaartjies is beskikbaar by die kantoor.  Indien jy by ‘n spesifieke tent wil bespreek, kontak Tersia Booyens – 079 022 9933 of Maria de Lange – 082 427 8236.

“‘n Gelukkige gesin is hemel op aarde.” -Chinese spreekwoord-