Oueromsendbrief 33 van 2018

Geagte Ouers

Welkom terug aan elke leerder, ouer en personeellid na die vakansie.  Sterkte vir die propvol kwartaal wat voorlê.

KANTOOR
Mev. Hattingh sterk tuis aan nadat sy vir behandeling in die hospitaal opgeneem is. Ons bid haar n spoedige herstel, toe.

EKSAMENROOSTER-NOVEMBER 2018

DatumGR 4GR 5GR 6GR 7
12 NovEBW
13 NovKK
14 NovAfrikaans WiskundeSW (Geografie)TEG
15 NovNW & TEGAfrikaans KKNW
16 NovWiskundeSW (Geografie)WiskundeAfrikaans
19 NovSW (Geografie)KKEngelsLO
20 NovEngelsSW (Gesk.)NW & TEGSW (Geografie)
21 NovKKEngelsAfrikaans Wiskunde
22 NovSW (Gesk.)NW & TEGSW (Gesk.)Engels
23 NovLVLVLVSW (Gesk.)
29 November : Prysuitdeling Gr 1 – 3
4 Desember : Prysuitdeling Gr 4 – 7
12 Desember : Rapporte en skool sluit vir leerders

VAKANTE POS
Graad R-assistentepos beskikbaar te Laerskool DF Malherbe. Aanvangsdatum: 1 Januarie 2019. E-pos of faks u aansoeke voor of op 26 Oktober 2018. E-pos: kantoor@ldfm.co.za Faks: 0169324777

HOP-AAND
Vrydagaand: 12 Oktober 2018
DF Malherbe skoolsaal
Tyd: 18:00 – 19:30
Leerders moet om 20:00 by skool gehaal word. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees vanaf 17:30. Verversings sal voor die tyd te koop aangebied word.

SKAAK
Gr 1-en 2-leerders oefen elke Woensdag vanaf 17 Oktober 2018. Bring eie skaakstel saam.
Tyd: 13:15 tot 14:30.
Plek: K52
Gr 3-en 4-leerders oefen elke Woensdag tot die 7de Novembe 2018.
Tyd: 14:00-15:15
Plek: Mediasentrum

KRIEKET
Ons wens die 0/9A-en 0/9B-krieketspanne sterkte toe met hulle ligas wat vandag begin. Hou DF se naam hoog.

MEDIA
Ons wil graag vir Bronwyn Rossouw en Nanieqé Keyser vir hulle groot skenking van populêre boeke vir die media, bedank. Ons waardeer dit opreg.

DF-HUISWERKBOEKIE 2019
Ons is hard besig om ‘n DF-huiswerkboekie te laat druk en ons vra groot asseblief hulp van adverteerders vir die boekie. Indien u bereid is om ‘n advertensie in die boekie te plaas, kan u vir Mev Meijer skakel (076 392 5717) vir meer inligting.
Dankie vir u getroue ondersteuning.

ATLETIEK
Middelafstande-oefening is om 14:00 – 15:00. Ons oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae. Onthou jou waterbottel.

WALTONS
U kind het Donderdag, 20 September 2018, ‘n Waltons-skryfbehoeftelys gekry. Al die inligting is op die dokument beskikbaar. Alle bestelvorms kan gefaks of ge-epos word voor of op 12 Oktober 2018. Die Waltonspakkette sal 5 November 2018, tussen 08:00 en 10:00, by die skool wees.

MINI-HOKKIE
Enige Graad 1-tot 3-leerders wat belangstel om hulle mini-hokkievaardighede op te knap, kan elke Dinsdag en Donderdag, 13:00-14:00, kom saam oefen. Oefening het reeds 9 Oktober 2018 begin en is nie verpligtend nie.

HOKKIE
Baie geluk aan die 1ste-span seuns wat 3de gekom het tydens die Champs of Champs. DF is baie trots op julle.
Daar is nog kleregeld uitstaande wat asseblief so gou moontlik betaal moet word. Dankie vir die wat reeds betaal het. Seuns R360 en dogters R370.

GESINSFEES
Ons herinner net die graad 4-ouers van die lysie vir die benodigdhede wat uitgestuur is, sodat hul die bestanddele of die R100 so gou moontlik kan terug stuur.

Ons Osbraaitente se kaartjies vlieg vinniger as wat ons gedink het.  Osbraaikaartjies sluit in die optredes van die kunstenaars en ‘n 3-gang maaltyd.  Jy en jou gesin word dan beskou as ‘n EREGAS en mag jy jou eie drinkgoed vir die dag saambring. So spaar jy en kan jy jou geld vir geskenkies by die stalletjies gebruik of by die ekstra vermaak wat die dag aangebied word.  Ons tente word spesiaal gereed gemaak vir al ons gaste. Die tente is:

1. Wild Wild West (Paar plekke beskikbaar)
2. Hok toe! (Paar plekke beskikbaar)
3. Lente in die Karoo (Paar plekke beskikbaar)
4. Kalahari Kraal (Paar plekke beskikbaar)
5. Madeliefie (Amper vol)
6. Osbraai op Lekkerdraai (Vol bespreek)
7. Viva la Fiesta (Amper vol)
8. The Rebels (Amper vol)
9. Yellow Mellow (Paar plekke beskikbaar)
10. Bietjie Bos (Paar plekke beskikbaar)

Nooi julle familie om die dag saam te kom kuier.  Moet dit nie misloop nie. Pryse is R150pp en R100 (kinders onder 12). Onthou, jy hoef nie vir kinders onder 2 jaar ‘n bord kos te koop nie. Hulle eet sommer saam met Mamma en Pappa uit hulle bord.  Kaartjies is beskikbaar by die kantoor.  Indien jy by ‘n spesifieke tent wil bespreek, kontak Tersia Booyens – 079 022 9933 of Maria de Lange – 082 427 8236.

“Die wyses treur die meeste oor verlore tyd” -Dante Alighieri-