Oueromsendbrief 34 van 2018
Geagte Ouers
ATLETIEK UITDUNNE
Ons uitdunne het nie die gewensde aantal leerlinge opgelewer nie en daarom is ons genoodsaak om skooltyd op te offer vir die nuwe uitdunne. Dit sal plaasvind op 23 en 24 Oktober 2018. Die Graad 1 – 6 leerlinge kan hulle Vrydagdrag op hierdie datums aantrek.
SPORTORGANISEERDER AANSTELLING
Ons sê baie geluk aan Karin-Mari Pretorius wat aangestel is as ons sportorganiseerder. Ons hoop u gaan baie gelukkig by ons wees.
GESINSFEES
Ons herinner net die graad 4-ouers van die lysie vir die benodigdhede wat uitgestuur is, sodat hul die bestanddele of die R100 so gou moontlik kan terug stuur.
Ons Osbraaitente se kaartjies vlieg vinniger as wat ons gedink het. Osbraaikaartjies sluit in die optredes van die kunstenaars en ‘n 3-gang maaltyd. Jy en jou gesin word dan beskou as ‘n EREGAS en mag jy jou eie drinkgoed vir die dag saambring. So spaar jy en kan jy jou geld vir geskenkies by die stalletjies gebruik of by die ekstra vermaak wat die dag aangebied word. Ons tente word spesiaal gereed gemaak vir al ons gaste. Die tente is:
1. Wild Wild West (Paar plekke beskikbaar)
2. Hok toe! (Paar plekke beskikbaar)
3. Lente in die Karoo (Paar plekke beskikbaar)
4. Kalahari Kraal (Paar plekke beskikbaar)
5. Madeliefie (Amper vol)
6. Osbraai op Lekkerdraai (Vol bespreek)
7. Viva la Fiesta (Amper vol)
8. The Rebels (Amper vol)
9. Yellow Mellow (Paar plekke beskikbaar)
10. Bietjie Bos (Paar plekke beskikbaar)
Nooi julle familie om die dag saam te kom kuier. Moet dit nie misloop nie. Pryse is R150pp en R100 (kinders onder 12). Onthou, jy hoef nie vir kinders onder 2 jaar ‘n bord kos te koop nie. Hulle eet sommer saam met Mamma en Pappa uit hulle bord. Kaartjies is beskikbaar by die kantoor. Indien jy by ‘n spesifieke tent wil bespreek, kontak Tersia Booyens – 079 022 9933 of Maria de Lange – 082 427 8236.
EKSAMENROOSTER-NOVEMBER 2018
Datum | GR 4 | GR 5 | GR 6 | GR 7 |
---|---|---|---|---|
12 Nov | EBW | |||
13 Nov | KK | |||
14 Nov | Afrikaans | Wiskunde | SW (Geografie) | TEG |
15 Nov | NW & TEG | Afrikaans | KK | NW |
16 Nov | Wiskunde | SW (Geografie) | Wiskunde | Afrikaans |
19 Nov | SW (Geografie) | KK | Engels | LO |
20 Nov | Engels | SW (Gesk.) | NW & TEG | SW (Geografie) |
21 Nov | KK | Engels | Afrikaans | Wiskunde |
22 Nov | SW (Gesk.) | NW & TEG | SW (Gesk.) | Engels |
23 Nov | LV | LV | LV | SW (Gesk.) |
4 Desember : Prysuitdeling Gr 4 – 7
12 Desember : Rapporte en skool sluit vir leerders
RO-KLASSE
Klasse hervat op Maandag 22 Oktober 2018. Leerders moet kleurpenne en papier saambring vir opsommings. Klasse sal die 7de November 2018 afsluit vir die jaar.
KOOR
As gevolg van ‘n groot hoeveelheid koorlede wat op toer en veldskool is, sal daar Vrydag 19 Oktober 2018, geen kooroefening wees nie.
VAKANTE POS
Graad R-assistentepos beskikbaar te Laerskool DF Malherbe. Aanvangsdatum: 1 Januarie 2019. E-pos of faks u aansoeke voor of op 26 Oktober 2018. E-pos: kantoor@ldfm.co.za Faks: 0169324777
SKAAK
Gr 1-en 2-leerders oefen elke Woensdag. Bring eie skaakstel saam.
Tyd: 13:15 tot 14:30.
Plek: K52
Gr 3-en 4-leerders oefen elke Woensdag tot die 7de November 2018.
Tyd: 14:00-15:15
Plek: Mediasentrum
ATLETIEK
Middelafstande-oefening is om 14:00 – 15:00. Ons oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae. Onthou jou waterbottel.
WALTONS
U kind het Donderdag, 20 September 2018, ‘n Waltons-skryfbehoeftelys gekry. Al die inligting is op die dokument beskikbaar. Die Waltonspakkette sal 5 November 2018, tussen 08:00 en 10:00, by die skool wees.
MINI-HOKKIE
Enige Graad 1-tot 3-leerders wat belangstel om hulle mini-hokkievaardighede op te knap, kan elke Dinsdag en Donderdag, 13:00-14:00, kom saam oefen. Oefening het reeds 9 Oktober 2018 begin en is nie verpligtend nie.
“As broers moet julle mekaar altyd liefhê.” -Hebreërs 13:1-
18 Oktober 2018