Oueromsendbrief 36 van 2018

Geagte Ouers

EKSAMENROOSTER-NOVEMBER 2018
Baie sterkte vir die eksamen wat voorlê. Die skool sal vanaf 14 November 2018, vir al die graad 3-tot 7-leerlinge, om 13:00 uitkom.

DatumGR 4GR 5GR 6GR 7
12 NovEBW
13 NovKK
14 NovAfrikaans WiskundeSW (Geografie)TEG
15 NovNW & TEGAfrikaans KKNW
16 NovWiskundeSW (Geografie)WiskundeAfrikaans
19 NovSW (Geografie)KKEngelsLO
20 NovEngelsSW (Gesk.)NW & TEGSW (Geografie)
21 NovKKEngelsAfrikaans Wiskunde
22 NovSW (Gesk.)NW & TEGSW (Gesk.)Engels
23 NovLVLVLVSW (Gesk.)

LEIERSKAMP: 2-4 November 2018
Sterkte aan 2019 se leiers en personeel wat na ‘n leierskamp te Camp Discovery gaan. Geniet dit en kom asseblief weer veilig terug.

“LOCKERS”
Bestaande “lockers” van 2018 moet asseblief voor of op 14 November 2018 ontruim, slotte verwyder en netjies agtergelaat word.

WALTONS – BACK2SCHOOL
Ons herinner die ouers wat skryfbehoeftes bestel het, dat die Waltonsagent op 5 November 2018, in die voorportaal sal wees vanaf 08:00 – 10:00. U moet gedurende hierdie tyd die pakkies by haar kom afhaal.

RO-KLASSE
Klasse sal die 7de November 2018 vir die jaar afsluit.

SKAAK
Gr 1-en 2-leerders oefen nog net tot Woensdag, 7 November 2018.
Tyd: 13:15 tot 14:30.
Plek: K52
Gr 3-en 4-leerders oefen nog net tot Woensdag, 7 November 2018.
Tyd: 14:00-15:15
Plek: Mediasentrum

 

“Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertou.” -Jesaja 33:6-
1 November 2018