Oueromsendbrief 04 van 2019

Geagte Ouers

DF-TROTS
Marelize Roux, ‘n oud-leerder van ons skool, het haarself beywer om die beste matrikulant in 2018 van ons distrik, Sedibeng-Wes, te wees. Ons is vereer met ‘n baie spesiale toekenning, omdat sy haar laerskoolloopbaan hier by ons voltooi het. Van ons kant af wil ons haar hartliik gelukwens met haar puik prestasie en glo sy sal ‘n reuse sukses van haar toekoms maak.

Toetsrooster Kwartaal 1 – 2019

Gr. 4 -729 Januarie Afrikaans
31 JanuarieEngels
4 FebruarieSW: Geskiedenis
13 FebruarieLO / LW
14 FebruarieSW: Geografie
19 FebruarieWiskunde
Slegs Gr 4 – 618 FebruarieNW & TEG
Slegs Gr 78 FebruarieEBW
11 FebruarieKK
18 FebruarieNW

KOPLUISE
Hierdie bly ‘n geweldige probleem!!
Daar is leerlinge se koppe wat moontlik besmet is met luise. Ons weet dat hulle beddegoed en haarborsels ook behandel MOET word. Help ons asseblief in hierdie veband. Ondersoek asseblief u kind se kop.

KOOR
Kooroudisies vind plaas op Vrydag, 8 Februarie 2019, om 14:00 in mev. Pretorius se klas. Verlede jaar se koorlede is outomaties deel van dié koor en moet ook aanmeld op Vrydag,
8 Februarie 2019, om 14:00.

EMFULENI WELSYN
Daar is ‘n baie groot behoefte aan blikkieskos by Emfuleni Welsyn. Indien u dit goed vind om hierdie organisasie te ondersteun, kan u tot en met môre, 1 Februarie 2019, ‘n blikkie kos kantoor toe stuur. Ons sal dit dan aan hulle besorg. Baie dankie vir u samewerking in hierdie verband.

KOEKVERKOPING
Die graad 4’s hou Vrydag, 1 Februarie 2019, ‘n koekverkoping. Bring ‘n paar rand saam en kom koop van die heerlike eetgoed.

BOEKUITSTALLING
Daar sal op 26 en 27 Februarie 2019, vanaf 08:00 tot 14:30, ‘n boekuitstalling en –verkoping in die saal by die skool wees. Ondersteun asseblief ook hierdie inisiatief.

MINI-RUGBY
Oefening begin Maandag, 4 Februarie 2019, vanaf 17:00-18:00 vir die O/7 en O/8.
Elke Maandag, Dinsdag en Donderdag op die klein rugbyveld.
Ons versoek dat alle ouers die oefening sal bywoon.

SUBSIDIES
Aansoeke vir subsidievorms (Graad 1 tot 7), kan by Magriet in die kantoor afgehaal word.
Aansoeke sluit op Donderdag, 28 Februarie 2019. Vorms moet asseblief volledig voltooi wees.

SKAAK
Skaakoefening het reeds begin.
0/9: Woensdae van 13:15 tot 14:30 in klaskamer 52 by Mev. B. Brits.
0/11: (Gr. 4+5) Woensdae 14:00 tot 15:30 in klaskamer 39 en Mediasentrum
0/13: (Gr. 6+7) Woensdae 14:00 tot 15:30 in klaskamer 39

Bring eie skaakstel saam.

ADVERTENSIEBORDE
Indien u sou belangstel om u besigheid te adverteer, kan u ‘n advertensiebord teen die skool se palisade omheinings laat opsit teen R2 200 per jaar. Kontak gerus vir Larissa by die kantoor vir meer besonderhede.

DF-groete

“Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.” -Efesiërs 4:2-