Oueromsendbrief 07 van 2019

Geagte Ouers

INTERLAER-ATLETIEK
Tydens ons interlaer-atletiekbyeenkoms wat die 15de Februarie 2019, plaasgevind het, het D.F. Malherbe se atlete puik presteer. Baie geluk aan elke atleet wat ‘n 1ste en 2de plek behaal het en deur is na die D8-byeenkoms. Ons wens julle baie sterkte toe met julle volgende deelname. 44 atlete is deur na die volgende rondte. D.F. is trots op julle!

RUGBY
0/10 – Neem kennis van nuwe tye vanaf Maandag, 25 Februarie 2019: 14:00-15:15

VAKANTE POS
Graad R-assistentepos beskikbaar te Laerskool DF Malherbe. Aanvangsdatum: 2 April 2019. E-pos of faks u aansoeke voor of op 8 Maart 2019. E-pos: kantoor@ldfm.co.za Faks: 0169324777

WATERKASKENADES: 14 MAART 2019
Dit is vir al die leerders vanaf graad R – 7. Die rugbyveld gaan vol waterglybane, springkastele en vele meer pretaktiwiteite wees. Dit kos R50 per leerder en die bedrag kan solank by die klasonderwysers inbetaal word. Daar sal ook heerlike eetgoed op die dag te koop aangebied word. Die graad R-leerders se waterspele vind by hulle klasse plaas.

SWEM
Daar sal hierdie seisoen geen swemgala by Broadlands plaasvind nie. Hulle nooi slegs die skole van die omliggende area om deel te neem.

KOOR
Kooroudisies vind plaas op Vrydag, 22 Februarie 2019, om 14:00 in die saal. Verlede jaar se koorlede is outomaties deel van dié koor en moet ook aanmeld op Vrydag, 22 Februarie 2019, om 14:00.

BOEKUITSTALLING
Daar sal op 26 en 27 Februarie 2019, vanaf 08:00 tot 14:30, ‘n boekuitstalling
en –verkoping in die saal by die skool wees. Ondersteun asseblief ook hierdie inisiatief.

SUBSIDIES
Aansoeke vir subsidievorms (Graad 1 tot 7), kan by Magriet in die kantoor afgehaal word.
Aansoeke sluit op Donderdag, 28 Februarie 2019. Vorms moet asseblief volledig voltooi wees.

DF-groete

“Wie nederig is, dien die Here en ontvang rykdom, eer en lewe.” -Spreuke 22:4-