Oueromsendbrief 08 van 2019

Geagte Ouers

VAKANTE POS
Graad R-assistentepos beskikbaar te Laerskool DF Malherbe. Aanvangsdatum: 2 April 2019. E-pos of faks u aansoeke voor of op 8 Maart 2019. E-pos: kantoor@ldfm.co.za Faks: 0169324777

GRAAD 7-FONDSINSAMELINGSPROJEK
Laaste kans om ‘n kaartjie te koop vir die kruiwa vol versnaperings ten bate van die graad 7-fondsinsamelingsprojek. Die trekking vind op Vrydag, 8 Maart 2019, plaas. Jy kan jou kaartjie by enige graad 7-leerder tot en met Woensdag, 6 Maart 2019, koop.

WATERKASKENADES: 14 MAART 2019
Dit is vir al die leerders vanaf graad R – 7. Die rugbyveld gaan vol waterglybane, springkastele en vele meer pretaktiwiteite wees. Dit kos R50 per leerder en die bedrag kan solank by die klasonderwysers inbetaal word. Daar sal ook heerlike eetgoed op die dag te koop aangebied word. Die graad R-leerders se waterspele vind by hulle klasse plaas.

KOEKVERKOPING
Die graad 1’s hou môre, 1 Maart 2019, ‘n koekverkoping. Onthou om ‘n geldjie saam skool toe te bring om hulle te ondersteun.

VAKSAKKIES
Daar is verskillende kleure vaksakkies wat bestel kan word in die kantoor @ R40.

DF-groete

“Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou.” -Jesaja 33:6-