Oueromsendbrief 10 van 2019


Geagte Ouers

Geniet u vakansie en wees assebief veilig.

MNR STANDER VERJAAR – 5 APRIL 2019
Op Vrydag, 5 April 2019, gaan ons Mnr stander se verjaarsdag vier. Dit moet ‘n verrassing bly, want ons beplan sommer ‘n groot partytjie vir die hele dag. Die skool sal dan op Vrydag, 5 April 2019, om 10:30 sluit. Tref asseblief vroegtydig reëlings sodat u kind nie tot 13:45 by die skool hoef te bly nie. Ons leerders trek op daardie dag gewone klere aan, verkieslik blou of swart.

PERSONEEL
Ons wil graag vir Mev. Minnie Kruger hartlik bedank vir die goeie werk wat sy in die graad 2-klassie verrig het tydens haar aflostydperk. Ons het groot waardering vir al u insette en deeglikheid.
Baie dankie ook aan Mev. Alida Henderson dat u die graad 1-klas vir die 1ste kwartaal behartig het. Ons het groot waardering vir u harde werk.
Mev. Schoeman, graad 2 en Mev. Hills, Graad 1, begin weer met die aanvang van die 2de kwartaal en ons glo dat hulle, hule tydjie saam met hulle babas by die huis, baie geniet het.
Baie sterkte aan Surika Coetzee, ons graad R-assistent, wat ons verlaat. Ons bid u alles wat mooi is vir u toekoms toe.
Ons verwelkom graag ons nuwe graad R-assistent, Mej Chantené van Aswegen. Ons hoop dat u baie gou by ons sal inskakel en ook baie gelukkig by D.F. sal wees.

GHOLFDAG: 8 MAART 2019
Baie dankie aan elke ouer wat tyd afgestaan het om ‘n baie suksesvolle gholfdag te reël. Ons wil ook dankie sê vir elke borg wat gehelp het om van ons gholfdag so ‘n groot sukses te maak. Ons waardeer elkeen se hulp en bydrae en kan sien dat samewerking bydra tot ‘n reuse sukses.

GRAAD 7-TREKKING
Baie geluk aan mev. Retha Mostert wat die gelukkige wenner van die kruiwa is. Geniet die inhoud daarvan.

RUGBYTOER
Baie sterkte aan ons eerste span rugbyseuns wat die vakansie op die jaarlikse rugbytoer, te Nyati, gaan. Ons weet julle gaan baie leer en hou ons skool se naam hoog. Baie dankie Mnr Scheepers en Mnr Rautenbach wat ons seuns op die toer vergesel. Ry asseblief veilig.

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Kaartjies is tans by u kind se klas te koop teen R100-00 ‘n kaartjie. ‘n Jagpakket ter waarde van R15 000 kan gewen word. Die trekking vind op 20 Mei 2019 in die skoolsaal om 18:00 plaas en troospryse sal vir die wat teenwoordig is getrek word. Die persoon wat die kompetisie wen, hoef nie noodwendig by die trekking teenwoordig te wees nie. Baie dankie vir u ondersteuning. Elke klas het 15 kaartjies ontvang. Indien ‘n klas ál hulle kaartjies verkoop, mag hulle ‘n Vrydag om 10:00 huis toe gaan.

GRAAD R-INSKRYWINGSVORMS
Daar is vorms by die kantoor vanaf 8 April 2019, om 7:30 – 14:30 beskikbaar. Geen vorms kan elektronies gestuur word nie.
Inhandiging van vorms geskied Maandag, 15 April 2019.

NETBAL
Baie geluk aan ons netbalmeisies wat vir die Sedibeng-span gekies is.
0/12: Marizaan van der Walt en Uné Seyffert
0/13: Jenna Kriese en Veronique van der Merwe.
DF is baie trots op julle.

SKAAK
Die 0/11-en 0/13-spanne oefen in die vakansie op Woensdag, 27 Maart 2019 en Donderdag, 28 Maart 2019, vanaf 16:00 tot 17:30.

DF-groete

“Deur iemand anders lief te hê, help jy hom om God lief te kry.” -Sören Kierkegaard-