Oueromsendbrief 11 van 2019


Geagte Ouers

WELKOM
Baie welkom terug na ‘n heerlike vakansie. Ons hoop en vertrou almal is uitgerus en sien uit na ‘n opwindende kwartaal.

PERSONEEL
Ons verwelkom graag vir Mev. Schoeman, graad 2 en Mev. Hills, Graad 1, terug na die geboorte van hul babas. Ons is so dankbaar dat alles goed afgeloop het en baie bly dat u weer terug in u pos is.
Ons verwelkom graag ons nuwe graad R-assistent, Mej Chantené van Aswegen. Ons hoop dat u baie gou by ons sal inskakel en ook baie gelukkig by D.F. sal wees.

MNR STANDER VERJAAR – 5 APRIL 2019
Op Vrydag, 5 April 2019, gaan ons Mnr Stander se verjaarsdag vier. Dit moet ‘n verrassing bly, want ons beplan sommer ‘n groot partytjie vir die hele dag. Die skool sal dan op Vrydag, 5 April 2019, om 10:30 sluit. Tref asseblief vroegtydig reëlings sodat u kind nie tot 13:45 by die skool hoef te bly nie. Ons leerders trek op daardie dag gewone klere aan, verkieslik blou, wit of swart.

NUWE REGISTRASIE VIR 2020 VIR GRAAD 1
Die e-platvorm vir aansoeke tot toelating vir 2020 open op 13 Mei 2019. Ouers wie nie toegang tot die internet het nie, kan by die skool kom aansoek doen.

Alhoewel u kind tans in Graad R by ‘n skool is, gee dit hom/haar nie outomaties plek by daardie skool in Graad 1 nie.
Die keuring word streng deur die aanlyn-registrasie beheer.

ASSESSERINGSPLAN GRAAD 4-7
Let asseblief daarop dat u kind ‘n assesseringsplan vir kwartaal 2 ontvang.

EKSAMENROOSTER APRIL/MEI 2019
Kwartaal 2 Eksamen 2019

16 April Afrikaans (Skryfstukke)
18 April Engels (Skryfstukke)
29 April TEG- Graad 7
30 April Geografie
2 Mei Afrikaans
7 Mei Wiskunde
9 Mei EBW- Graad 7
14 Mei Engels
16 Mei NW/TEG
21 Mei LO
23 Mei Geskiedenis
28 Mei KK- Graad 7

GRAAD R-INSKRYWINGSVORMS
Daar is vorms by die kantoor vanaf 8 April 2019, om 7:30 – 14:30 beskikbaar. Geen vorms kan elektronies gestuur word nie.
Inhandiging van vorms geskied Maandag, 15 April 2019.

INDIVIDUELE FOTO’S
Klas- en individuele foto’s was op 20 Februarie 2019, van die leerders geneem. Bestellings werk soos volg: Die leerders het ‘n poskaartgrootte foto soos pakket uiteengesit met ‘n voorbeeld aangeheg, met ‘n bestelvorm en koevert ontvang. Foto’s kan bestel word tot en met Vrydag, 12 April 2019.

NETBAL LIGABEPALINGS
Elke netbalspeler wat netbalklere ontvang het, moet R100 deposito by hul afrigters betaal. Daar sal aan die einde van die netbalseisoen R50 teruggegee word.

Netballiga 2019

Weg Vryheidsmonument vs. DF Malherbe 16 April 2019
Weg Kollegepark vs. DF Malherbe 30 April 2019
Weg Volkskool vs. DF Malherbe 7 Mei 2019
Tuis DF Malherbe vs. Midvaal 9 Mei 2019
Tuis DF Malherbe vs. Emfuleni 21 Mei 2019

MINI-NETBALDAE
4 Mei 2019 – Kollegepark
18 Mei 2019 – DF Malherbe
1 Junie 2019 – Vaalrivier

RUGBYBEPALINGS
16 April- Eligwa Weg
25 April- Fonteine Weg
7 Mei- Volkskool Weg
14 Mei- Suikerbos Tuis
21 Mei- Emfuleni Tuis
28 Mei- Valke semi-finaal Sasolburg
5 Junie- Valke finaal Vanderbijlpark

MINI-RUGBYDAE
4 Mei 2019 – Kollegepark
18 Mei 2019 – DF Malherbe
25 Mei 2019 – Buffelspoort
1 Junie 2019 – Vaalrivier

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Kaartjies is tans by u kind se klas te koop teen R100-00 ‘n kaartjie. ‘n Jagpakket ter waarde van R15 000 kan gewen word. Die trekking vind op 20 Mei 2019 in die skoolsaal om 18:00 plaas en troospryse sal vir die wat teenwoordig is getrek word. Die persoon wat die kompetisie wen, hoef nie noodwendig by die trekking teenwoordig te wees nie. Baie dankie vir u ondersteuning. Elke klas het 15 kaartjies ontvang. Indien ‘n klas ál hulle kaartjies verkoop, mag hulle ‘n Vrydag om 10:00 huis toe gaan.

GRAAD 6-FONDSINSAMELING
Kaartjies is beskikbaar by enige graad 6-leerder asook in die kantoor.

DF-groete

“’n Vaste doelwit is ‘n droom met ‘n spertyd.” -Diana Hunt-
4 Maart 2019