Oueromsendbrief 13 van 2019


Geagte Ouers

DONDERDAG, 18 APRIL 2019
Die skool sluit môre om 12:00. Geen akademie sal verlore gaan nie. Die leerders sal die hele dag se rooster volg, dus moet al hulle boeke ingepak word. Die Engelse skryfstukke vir die eksamen word môre geskryf, dus versoek ons dat AL die leerders môre by die skool sal wees. Daar sal ook geen sportoefening na skool wees nie.

KOPLUISE
Hierdie bly ‘n geweldige probleem!!
Daar is leerlinge se koppe wat moontlik besmet is met luise. Ons weet dat hulle beddegoed en haarborsels ook behandel MOET word. Help ons asseblief in hierdie veband. Ondersoek asseblief u kind se kop.
‘1 day lice spray’ is beskikbaar by Cormed apteek @ R110

PUBLIEKE VAKANSIEDAE
Ons herinner u daaraan dat Vrydag, 19 April 2019, Maandag, 22 April 2019 en 1 Mei 2019, vakansiedae is vir ons DF-leerders en –personeel. Alle afdelings van die skool sal dus gesluit wees. MOET ASSEBLIEF NIE U KIND ONNODIG UIT DIE SKOOL HOU NIE, AANGESIEN ONS REEDS MET ASSESSERING BEGIN HET.

NUWE REGISTRASIE VIR 2020 VIR GRAAD 1
Die e-platvorm vir aansoeke tot toelating vir 2020 open op 13 Mei 2019. Ouers wie nie toegang tot die internet het nie, kan by die skool kom aansoek doen.

Alhoewel u kind tans in Graad R by ‘n skool is, gee dit hom/haar nie outomaties plek by daardie skool in Graad 1 nie.
Die keuring word streng deur die aanlyn-registrasie beheer.

SKAAK
Baie geluk aan die skaakspelers. Ons het teen Vaalpark en Lumier gespeel. Vyf uit die ses wedstryde word deur die DF-spanne gewen. Julle is staatmakers.

NETBAL
Baie geluk aan die volgende netbaldogters wat gekies is om aan die 2de rondte Gautengproewe deel te neem op 1 Mei 2019, te E.G. Jansen.
0/12 Marizaan van der Walt, Uné Seyffert
0/13 Veronique van der Merwe

Baie geluk ook aan al die spanne wat Dinsdag so mooi gespeel het by Vryheidsmonument. Df is trots op julle.

RUGBY
Baie dankie aan I-tec Vaal wat al ons rugbyspanne se truie geborg het. Ons het groot waardering daarvoor.

Aangesien ons nuwe truie ontvang het, gaan ons die ou truie aan leerders teen R50 per trui beskikbaar stel om te koop.

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Kaartjies is tans by u kind se klas te koop teen R100-00 ‘n kaartjie. ‘n Jagpakket ter waarde van R15 000 kan gewen word. Die trekking vind op 20 Mei 2019 in die skoolsaal om 18:00 plaas en troospryse sal vir die wat teenwoordig is getrek word. Die persoon wat die kompetisie wen, hoef nie noodwendig by die trekking teenwoordig te wees nie. Baie dankie vir u ondersteuning. Elke klas het 15 kaartjies ontvang. Indien ‘n klas ál hulle kaartjies verkoop, mag hulle ‘n Vrydag om 10:00 huis toe gaan.

GRAAD 6-FONDSINSAMELING
Kaartjies is beskikbaar by enige graad 6-leerder asook in die kantoor.

DF-groete

“Vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand”. -Psalm 54:6- 17 April 2019