Oueromsendbrief 14 van 2019

Geagte Ouers

HOKKIE
1ste span proewe:

SEUNS
10 Mei 2019 15:30-17:00
11 Mei 2019 13:00-15:00

DOGTERS
3 Mei 2019 14:00-16:00
10 Mei 2019 14:00-15:30

Almal (Graad 4-7) wat vir die 1ste span wil speel, moet by die eerste proewe wees, daarna sal gesê word wie by die 2de datum moet wees. Onthou dat daar wel later proewe gehou sal word vir 0/11 en 2de spanne. Baie dankie.

RUGBY
Baie dankie aan ITEC Business Systems-Vaal wat al ons rugbyspanne se truie geborg het. Ons het groot waardering daarvoor.

Aangesien ons nuwe truie ontvang het, gaan ons die ou truie aan leerders teen R50 per trui beskikbaar stel om te koop.

Baie geluk aan die volgende seuns wat gekies is as lid van die Valke Sedibeng-span:
0/12A – Jonathan Roets
0/13B – Hennie du Plessis, Juandré van Tonder

KASKAR
Daar word vandag ‘n brief uitgegee met nuwe inligting vir die kaskarwedren wat op 10 Mei 2019, sal plaasvind.

NUWE REGISTRASIE VIR 2020 VIR GRAAD 1
Die e-platvorm vir aansoeke tot toelating vir 2020 open op 13 Mei 2019. Ouers wie nie toegang tot die internet het nie, kan by die skool kom aansoek doen.

Alhoewel u kind tans in Graad R by ‘n skool is, gee dit hom/haar nie outomaties plek by daardie skool in Graad 1 nie.
Die keuring word streng deur die aanlyn-registrasie beheer.

KOEKVERKOPING
Die graad 3’s hou môre, 26 April 2019, ‘n koekverkoping. Onthou om ‘n geldjie saam skool toe te bring om hulle te ondersteun.

SKAAK
Ons drie skaakspanne speel tans kookwater skaak !! Die 17de April 2019, het ons teen Fonteine en Noordskool gespeel. Die 24ste April 2019, het ons teen Emfuleni en Bophelong gespeel. Op beide dae wen die DF-spanne al hulle wedstryde. Ons is SUPER TROTS op julle.

MINI-NETBALDAE
4 Mei 2019 – Kollegepark
18 Mei 2019 – DF Malherbe
1 Junie 2019 – Vaalrivier

MINI-RUGBYDAE
4 Mei 2019 – Kollegepark
11 Mei 2019 – Risiville
18 Mei 2019 – DF Malherbe
25 Mei 2019 – Buffelspoort
1 Junie 2019 – Vaalrivier

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Kaartjies is tans by u kind se klas te koop teen R100-00 ‘n kaartjie. ‘n Jagpakket ter waarde van R15 000 kan gewen word. Die trekking vind op 20 Mei 2019 in die skoolsaal om 18:00 plaas en troospryse sal vir die wat teenwoordig is, getrek word. Die persoon wat die kompetisie wen, hoef nie noodwendig by die trekking teenwoordig te wees nie. Baie dankie vir u ondersteuning. Elke klas het 15 kaartjies ontvang. Indien ‘n klas ál hulle kaartjies verkoop, mag hulle ‘n Vrydag om 10:00 huis toe gaan.

GRAAD 6-FONDSINSAMELING
Kaartjies is beskikbaar by enige graad 6-leerder asook in die kantoor.

DF-groete

“Die eerste geskenk van geluk is die dankbaarheid van die hart”. -Jörg Zink-
25 April 2019