Oueromsendbrief 17 van 2019


Geagte Ouers

LEED
Ons innige simpatie met die afsterwe van Natalie de la Porte, Gr 5 O se moeder. Ons vertrou dat die Here die gesin en familie in hierdie hartseertyd sal vertroos en styf sal vashou.

Dit is met groot hartseer dat ons verneem het van die afsterwe van oom PG van der Merwe. Hy het die afgelope drie jaar diep spore in die harte van ons DF-skaakkinders getrap en ‘n groot rol gespeel in die afrigting van die 0/9’s, ook tydens elke wedstryd waar hy as arbiter opgetree het. Ons innige meegevoel aan Lindie en Conrad de Villiers en die familie.

VOORPORTAAL
Ons wil hiermee ons opregte dank en waardering uitspreek aan Ilze Straw, Marlene en Willem Venter vir ons pragtige nuwe voorportaal. Dit is beslis op so ‘n manier gedoen dat elkeen wat ons portaal betree, sommer dadelik welkom voel. Nogmaals baie dankie vir u kreatiewe insette.

NUWE REGISTRASIE VIR 2020 VIR GRAAD 1
Die e-platvorm vir aansoeke tot toelating vir 2020 vir Graad 1 en Graad 8 open Maandag, 20 Mei 2019, om 08:00 die oggend. Ouers wie nie toegang tot die internet het nie, kan by die skool kom aansoek doen.

Alhoewel u kind tans in Graad R by ‘n skool is, gee dit hom/haar nie outomaties plek by daardie skool in Graad 1 nie.
Die keuring word streng deur die aanlyn-registrasie beheer.

KASKAR
Baie dankie vir elke ouer se borgskap, hulp en ondersteuning. DF is trots om so ‘n ouergemeenskap te hê. Kinders, julle was “great”!!

SKAAK
Geluk aan al drie ons spanne wat die week skoonskip gemaak het met hulle wedstryde teen Noordhoek en Olivier Lodge.

Op 22 Mei 2019, speel ons ‘n tuis wedstryd teen Park Ridge.

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
‘n Jagpakket ter waarde van R15 000 kan gewen word. Die trekking vind Maandag, 20 Mei 2019 in die skoolsaal om 18:00 plaas en troospryse sal vir die wat teenwoordig is, getrek word. Die persoon wat die kompetisie wen, hoef nie noodwendig by die trekking teenwoordig te wees nie. Baie dankie vir u ondersteuning.

GRAAD 6-FONDSINSAMELING
Kaartjies is beskikbaar by enige graad 6-leerder asook in die kantoor.

SERPE
Daar is serpe vir leerders te koop. Dit is swart of rooi met ‘DF’ daarop geborduur teen R40.
Voorbeelde kan in die kantoor besigtig word.
Skakel vir Ronel Groenewald by 078 504 9551.

DF-groete

“Wat Ek doen, begryp jy nie nóú nie, maar later sal jy verstaan.” -Johannes 13:7-
16 Mei 2019