Oueromsendbrief 18 van 2019


Geagte Ouers

KOPLUISE
Hierdie bly ‘n geweldige probleem!!
Daar is leerlinge se koppe wat moontlik besmet is met luise. Ons weet dat hulle beddegoed en haarborsels ook behandel MOET word. Help ons asseblief in hierdie veband. Ondersoek asseblief u kind se kop.
‘1 day lice spray’ is beskikbaar by Cormed apteek @ R110

HEMELVAART: 30 MEI 2019
Op Donderdag, 30 Mei 2019, vier ons Hemelvaart. Dit is reeds vir die afgelope paar jaar tradisie dat ons skool ‘n kerkdiens by NG kerk suid bywoon. Ons ouers is baie welkom om dit saam met ons by te woon. Die leerders beweeg om 12 uur kerk toe en die skool sal dan om 13:00 verdaag. Daar sal geen sportoefeninge wees nie.

SKAAK
DF sluit die skaakliga op ‘n hoë noot af. Al drie ons spanne het teen Park Ridge gewen. Die leerders was staatmakers. Baie dankie aan elke ouer wat ons week na week ondersteun het.

RUGBY
Baie geluk aan 0/9, 0/10, 0/11 en die 2de-span wat deur is na die finaal wat die 28ste en 29ste Mei plaasvind. Ons wens julle sterkte toe en weet dit sal goed gaan.

FONDSINSAMELING: JAGKAARTJIES
Baie geluk aan Mnr. Christo Boshoff wat die prys gewen het in ons jagkompetisie en aan die wat troospryse gewen het wat teenwoordig was. Dankie aan elke ouer, leerder en personeellid wat moeite gedoen het met hierdie fondsinsamelingsprojek.

GRAAD 6-FONDSINSAMELING
Kaartjies is beskikbaar by enige graad 6-leerder asook in die kantoor.

SERPE
Daar is serpe vir leerders te koop. Dit is swart of rooi met ‘DF’ daarop geborduur teen R40.
Voorbeelde kan in die kantoor besigtig word.
Skakel vir Ronel Groenewald by 078 504 9551.

VAALDRIEHOEK SAKEKAMER (WêRELDREKORD POGING VIR GROOTSTE KOMBERS)
Die sakekamer bied die Golden Vaal Blanket Drive aan. Ons sal hulle graag wil ondersteun in dié projek. U kan op die internet gaan kyk watter aktiwiteite gaan plaasvind. www.goldenvaal.co.za. Kaartjies is by die skool beskikbaar vir die ingang asook vir die “diamant drop”. Die 1ste prys is ‘n R100 000 diamant en die 2de prys is ‘n R20 000 Krugerrand.

MNR. EN MEJ. DF FOTO’S
Foto’s is beskikbaar by Charmaine Wagenaar (073 880 2240) indien u foto’s wil bestel.

DF-groete

“Om bo uit te kom,moet jy nie op ander trap nie, maar juis afbuk en ander help” -John Maxwell-
23 Mei 2019