Oueromsendbrief 19 van 2019


Geagte Ouers

PERSONEEL
Baie geluk aan Mnr Brendan Hattingh wat Suid-Gauteng kleure verwerf het in hokkie.

SPORT
Na afloop van die tweede kwartaal se sportaktiwiteite, kan ons met trots die volgende aankondig:
Skaak:
0/9, 0/11 en 0/13 is aangewys as ligawenners.

Netbal:
0/10A-, 0/10B- en 0/12A- spanne is deel van die Sedibeng Finale wat plaasvind op 1 Junie 2019, by Dr. Malan in Meyerton.

Rugby:
0/10- en 0/11- spanne is deur na die Valke-Suid-Sedibeng-Finale wat die 5de Junie 2019, plaasvind by VUT.

HOKKIE
Dogters – 0/11 A&B en 2de span proewe:
Maandag, 3 Junie 2019, 14:00 – 15:30
Dinsdag, 4 Junie 2019, 14:00 – 15:30

Seuns – 0/11 A&B en 2de span proewe:
Donderdag, 6 Junie 2019, 14:00 – 15:30
Vrydag, 7 Junie 2019, 14:00 – 15:30

Onthou asseblief dat kouse vir alle spanne, behalwe 1ste spanne, by Juffrou Elsebe Engels aangekoop kan word teen R75 per paar.
Klere vir die spelers (behalwe 1ste span) bly dieselfde as laasjaar. Sodra die spanne gekies is, sal daar briewe vir bestellings uitgaan.

KOEKVERKOPING
Die graad 2’s hou môre, 31 Mei 2019, ‘n koekverkoping. Onthou om ‘n geldjie saam skool toe te bring om hulle te ondersteun.

HOP-AAND, 13 JUNIE 2019
Hier is nou ‘n gulde geleentheid om DF se bankrekening ‘n hupstoot te gee. Indien dit moontlik is, vra ons dat ons ouers asseblief die Silverado Spur en Ocean Basket op ons Hop-aand, 13 Junie 2019, sal ondersteun. Die Spur skenk 20 R50-geskenkbewyse aan ons skool. 5% van elke rekening van ons DF-ouers kom terug in ons skool se bankrekening. Ocean Basket gee 10% van al ons DF-ouers se rekeninge terug aan die skool.
Dit is die ideale geleentheid om te gaan uiteet terwyl u kinders veilig by die skool hulleself gate uit geniet.

GRAAD 6-FONDSINSAMELING
Kaartjies is beskikbaar by enige graad 6-leerder asook in die kantoor.

VAALDRIEHOEK SAKEKAMER (WêRELDREKORD POGING VIR GROOTSTE KOMBERS)
Die sakekamer bied die Golden Vaal Blanket Drive aan. Ons sal hulle graag wil ondersteun in dié projek. U kan op die internet gaan kyk watter aktiwiteite gaan plaasvind. www.goldenvaal.co.za. Kaartjies is by die skool beskikbaar vir die ingang asook vir die “diamant drop”. Die 1ste prys is ‘n R100 000 diamant en die 2de prys is ‘n R20 000 Krugerrand.

DF-groete

“Laat dankbaarheid oor die verlede ons inspireer met vertoue in die toekoms” -Francois Fénelon-
30 Mei 2019