Oueromsendbrief 21 van 2019


Geagte Ouers

SKOOL SLUIT: 14 JUNIE 2019
Die skool sluit vandag, 14 Junie 2019 en heropen op 9 Julie 2019. Geniet u vakansie, rus lekker en wees asseblief veilig op die paaie.

TOERE
Sterkte aan die leerders en afrigters wat gedurende die vakansie betrokke is by DF-toere. Hou DF se naam hoog!

“LOCKERS”
Die 2de paaiement van R150 is betaalbaar tot en met 9 Julie 2019. Indien u van internetbetaling gebruik maak, gebruik asseblief u verwysingsnommer + locker.
Indien die locker nie vereffen word soos versoek nie, behou Laerskool DF Malherbe die reg om die locker leeg te maak en aan ‘n ander leerder te verhuur.

RUGBY
Baie geluk aan die O/10- en O/11-rugbyspanne wat in die finaal gespeel het. DF is trots op julle!

MINI-HOKKIE
Oefening vir alle O/7- tot O/9-seuns en dogters begin 9 Julie 2019.
Oefentye: Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 13:15 – 14:15 vir alle mini-hokkiespanne.

MINI-HOKKIE
Oefentye:
Elke Maandag, Dinsdag en Donderdag, 13:15-14:15 vir alle 0/7 tot 0/9 -seuns en dogters. Oefening begin 9 Julie 2019.
Afrigters:
Dogters
0/7 – Mej Oosthuizen, Mev Oelofse en Mev Erasmus
0/8 – Mev Engels en Mev Hills
0/9 – Mev Kirsten en Mev Morgan
Seuns
0/7 – Mev Duvenage en Mev Mestdagh
0/8 – Mev Henderson en Mej Du Plessis
0/9 – Mev Schoeman
Indien daar ouers is wat bereid is om te help met afrigting, kan u asseblief vir Mev Hills kontak.

MINI-HOKKIE KLINIEK
Ons gaan die basiese vaardighede van hokkie leer! MG Hokkie en hul span kom ons op 18 en 19 Julie 2019, hokkievaardig maak. Dit is R120 per speler en begin albei dae om 13:30 tot 15:30. Gelde moet voor of op Vrydag, 12 Julie 2019, by Mev Hills inbetaal word. Elke speler moet hulle eie hokkiestok en -bal saambring.

HOKKIE
Afrigters en oefentye:

Maandae, Dinsdae en Donderdae:

1ste Span Seuns Marihana vd Walt, Susan Engelbrecht 14:30-16:00
1ste Span Dogters Marike Meijer, Izelle Oosthuysen 14:00-15:00
2de Span Seuns Frans Minnaar, Beulah Valentin 16:30-17:30
2de Span Dogters Amelia Victor, Geraldt Victor 15:00-16:30
0/11 A-Seuns Brendan Hattingh, Sannie Smith 15:00-16:30
0/11 A-Dogters Naomi Munnik, Bianka Gerber, Chantené van Aswegen 14:00-15:00
0/11 B-Seuns Letta Marais, Madeleine Breedt, Jolene Geldenhuys 14:00-15:00
0/11 B-Dogters Heidi Minnaar, Mariska Fourie 16:00-17:00

Ligabepalings vir 2019. Alle wedstryde van die volgende spanne word by VUT gespeel. Tye sal deur afrigters deurgegee word:

24 Julie Seuns 0/11A en 1ste span teen Curro
25 Julie Dogters 0/11 A, 2de span en 1ste span teen Kollegepark
7 Augustus Seuns 1ste span teen Totius
8 Augustus Dogters 0/11A, 2de span en 1ste span teen Emfuleni
12 Augustus Seuns 0/11A en 1ste span teen Vesco
21 Augustus Seuns 1ste span teen Oliver Lodge
22 Augustus Dogters 0/11A, 2de span en 1ste span teen Eligwa
27 Augustus Dogters 0/11A, 2de span en 1ste span teen Leeuspruit
28 Augustus Seuns 0/11A en 1ste span teen Emfuleni
2 September Seuns 0/11A en 1ste span teen Vaalrivier
3 September Dogters 0/11A, 2de span en 1ste span teen Vaalpark
4 September Seuns 0/11A en 1ste span teen Eligwa
10 September Dogters 0/11A, 2de span en 1ste span teen Fonteine
11 September Seuns 0/11A en 1ste span teen Kollegepark

Ander wedstryde:
27 Julie – Dogters 0/11A, B en 1ste Span – Lumier
3 Augustus – 0/11B-dogters, seuns en 2de Span seuns – Vaalrivier
Alle ander wedstryde se datums van die 0/11B spanne (seuns&dogters) en 2de span seuns sal volg na die vakansie.
Kleredrag:
Alle klere moet voor die vakansie by Juffrou Amelia Victor bestel word. Kouse word aangekoop teen R75 per paar by Juffrou Elsabé Engels.

GRAAD 6-FONDSINSAMELING
Kaartjies is beskikbaar by enige graad 6-leerder asook in die kantoor.

DF-groete

“Liefde is die enigste mag wat ‘n vyand in ‘n vriend kan verander.” -Martin Luther King-
14 Junie 2019