Oueromsendbrief 24 van 2019


Geagte Ouers

KOEKVERKOPING
Die graad 7’s hou môre, 26 Julie 2019, ‘n koekverkoping. Onthou om ‘n geldjie saam skool toe te bring om hulle te ondersteun.

NADINE BLOM EN PRODUKSIE 2000
Die volgende produksies gaan by ons skool in September 2019, optree.
Nadine Blom en Produksie 2000 (Welkom in die werklike wêreld!)
Albei produksies sal in die saal opgevoer word en die kostes vir beide hierdie vertonings sal R20 wees. Die leerders kan die geld by hul registeronderwysers inbetaal.

SKAAK
Skaakoefening vind plaas op Woensdag, 31 Julie 2019, 16:30 tot 18:00. Slegs 2019 se spanne is betrokke. Ander leerders wat belangstel om vir 2020 se spanne in aanmerking te kom, sal later geleentheid kry om aan die uitspeelwedstryde deel te neem.

HOKKIE
Ligabepalings vir al die B-spanne en 2de spanne.

Alle uitstaande klere se gelde moet asseblief so gou moontlik betaal word: Seuns-R360, Dogters-R370.
EFT vir juffrou Amelia Victor met die korrekte besonderhede.

Ligabepalings vir 2019. Alle wedstryde van die volgende spanne word by VUT gespeel. Tye sal deur afrigters deurgegee word:

LANDLOOP GR 3 – 7

KRIEKET-LIGABEPALINGS 2019

GRAAD 6-FONDSINSAMELING
Die kompetisie sluit op Maandag, 29 Julie 2019. Maak seker u kry ‘n kaartjie!
Kaartjies is beskikbaar by enige graad 6-leerder asook in die kantoor.

DF-groete

“Mag die Here julle gedagtes rig op die liefde van God en die volharding van Christus!” -2 Tessalonisense 3:5-
25 Julie 2019