Oueromsendbrief 28 van 2019


Geagte Ouers

OP- EN AFLAAI VAN LEERDERS
Ons doen wéér ‘n dringende beroep op ons ouers om asseblief nie in die middel van die straat of enige ingang van die skool te stop om u kind op of af te laai nie. Dit veroorsaak ‘n opeenhoping van verkeer en stel die veiligheid van u kind in gevaar.

MINI-HOKKIEDAG
Ons mini-hokkiedag vind Saterdag, 24 Augustus 2019, by VUT plaas. Kom geniet die dag saam met ons.

‘SPELLING BEE AND RUFFLE REGIONAL COMPETITION’
Baie sterkte aan Elsuné Engelbrecht wat Vrydag, 23 Augustus 2019, aan die “Spelling BEE and Ruffle Regional Competition” gaan deelneem.

KUNSFEES
Môre, 23 Augustus 2019, is die laaste dag om alle sertifikate na Mev. Verster toe te neem. Sonder die sertifikate kan ons niks vir die prysuitdeling finaliseer nie.

LOSLITDAG
Vrydag, 6 September 2019, is loslitdag. Plakkers teen R10 is in die kantoor beskikbaar. Indien die leerders ‘n plakker koop, kan hulle gewone klere aantrek. Dit gaan ten bate van persone met ‘n gestremdheid.

NADINE BLOM EN PRODUKSIE 2000
Die volgende produksies gaan by ons skool in September 2019, optree.
Nadine Blom en Produksie 2000 (Welkom in die werklike wêreld!)
Albei produksies sal in die saal opgevoer word en die kostes vir beide hierdie vertonings sal R20 wees. Die leerders kan die geld by hul registeronderwysers inbetaal.

BOEKUITSTALLING
Neem asseblief kennis dat die boekuitstalling nie meer die 27, 28 en 29 Augustus 2019, sal wees nie. Dit sal nou die 3de en 4de September 2019 wees. Ondersteun asseblief ook hierdie inisiatief..

KRIEKET
Seuns O/9-krieketliga vind in die vierde kwartaal plaas. Proewe word by die skool op 26 & 27 Augustus vanaf 15:00-16:00 gehou. As daar genoeg seuns is, sal ons twee spanne hê.

Colour obstacle run
Saterdag, 31 Augustus 2019, by DF Malherbe.

Kom geniet ‘n kleurvolle dag vol opwinding en baie gees, vir oud én jonk! Kaartjies is reeds beskikbaar by die grondslagfase teen R100 per kind. Persone wat nie deelneem nie, se ingang beloop R20.

Daar is ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar, so kry nou jou kaartjie om deel te wees van die pret.
Bring die hele gesin vir ‘n dag vol pret!
Daar sal kos en koeldrank beskikbaar wees.

KLEREBANK
Die klerebank is Dinsdae en Donderdae oop vanaf 13:00 – 14:00. Geen pryse word gehef vir die klere nie.
Annetjie: 082 560 9456

DF-groete

“Volharding maak die onmoontlike moontlik, die moontlike waarskynlik en die waarskynlike definitief.” -Robert Half-
“22 Augustus 2019