Oueromsendbrief 35 van 2019
Geagte Ouers
LEIERS 2020
Baie geluk aan die volgende graad 6-leerders wat as leiers vir 2020 verkies is:
Seuns: Dogters:
Seuns | Dogters |
Booyens Meyer De Villiers Ajee Du Toit Kian Duvenage Joshua Hinrichsen Didi Janse Van Rensburg Ivan Smit Wian Smith Kian Thabane Lebo Tönsing Wernich Van Der Merwe Pieter Van Eck J D Van Rooyen Erich Van Staden Janu Verster JJ | Bezuidenhout Aneské De Villiers Mikayla Emmerick Avé Goosen Mignon Kruger Lua Le Hanie Serinde Mostert Kelly Oosthuizen Zanté Rossouw Kayla Seyffert Uné Snyman Emmarentia Theron Jocelyn Van Den Berg Liné Van Der Walt Marizaan Visser Suné |
VAKANTE POS
‘n Graad R-assistentepos is beskikbaar te Laerskool DF Malherbe. Aanvangsdatum: 1 Januarie 2020. E-pos of faks u aansoeke voor of op 28 Oktober 2019. E-pos: kantoor@lsdf.co.za Faks: 0169324777
SKAAK
In samewerking met Sedibeng-skaak, het ons die 12de Oktober ‘n baie geslaagde skaaktoernooi by die skool gehou. Skaakspelers wat medaljes ontvang het, was James de Wet (afdeling C), Christian Janse van Rensburg, Jennica Steenekamp en Gezenka Mayers (Afdeling D).
Ons is baie trots op al ons spelers wat deelgeneem het. Dankie aan al ons ouers wat gehelp het om van die dag ‘n sukses te maak.
NB. Almal wat in 2020 in graad 1-3 gaan wees en in aanmerking vir die span wil kom, moet saam met hulle ouers, Woensdag, 23 Oktober 2019, in kamer 52 (me. B Brits) om 17:00 bymekaar kom. Leerders moet reeds ‘n basiese kennis van skaak hê, soos die pak van ‘n bord en hoe die stukke beweeg.
Ons sien uit na die 2020-skaakjaar.
MINI-NETBAL 2020
Ons benodig afrigters in 2020 vir mini-netbal. Indien u bereid is om mini-netbal af te rig, kan u Mev Kirsten kontak.
Byvoorbaat baie dankie.
ATLETIEK
Voorseisoenoefening het reeds begin. Kom asseblief by die oefening uit.
Die volgende items oefen soos volg:
Gewigstoot: Maandae, Woensdae en Donderdae vanaf 17:00-18:00
Naellope: Maandae, Dinsdae, Woensdae en Donderdae vanaf 17:00-18:00
Hekkies: Maandae en Donderdae vanaf 17:00-18:00
Hoogspring: Dinsdae en Donderdae vanaf 17:00-18:00
Verspring: Dinsdae en Donderdae vanaf 17:00-18:00
Middelafstande(1200m, 1500m en 800m): Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 14:00-15:00
Daar is voorseisoenbyeenkomste by DP de Villiers wat 19 en 26 Oktober 2019 plaasvind, asook 2 en 9 November 2019. Meer inligting is beskikbaar by Mev Karin-Mari Pretorius in haar kantoor. Die byeenkomste is nie verpligtend nie.
RUGBY
Ons gaan die 21ste Oktober 2019 ons proewe hou vir 2020 se toerspan. Slegs vir graad 5-en 6-leerders.
EKSAMEN – NOVEMBER 2019
Eksamenrooster – November 2019
| Gr 4 | Gr 5 | Gr 6 | Gr 7 |
5 November |
|
|
| EBW |
6 November |
|
|
|
Afr
|
7 November | LV | SW (Geografie) | KK | NW |
8 November | Afrikaans | Wiskunde | SW (Geografie) | LO |
11 November | NW & TEG | Afrikaans | Afrikaans | SW (Gesk) |
12 November | Wiskunde | NW/TEG | Wiskunde | Engels |
13 November | SW (Geografie) | Engels | Engels | Wiskunde |
14 November | Engels | SW (Gesk.) | NW & Teg | SW (Geografie) |
15 November | SW (Gesk.) | KK | SW (Gesk.) | TEG |
18 November | KK | LV | LV | KK |
|
|
|
|
|
25 November | Prysuitdeling Gr 1 – 3 | |||
26 November | Prysuitdeling Gr 4 – 7 | |||
4 Desember | Rapporte en skool sluit vir leerders |
BLIKPROJEK
SPAAR! SPAAR! SPAAR!
Graad 7-blikke
Al die Graad 7-leerlinge se blikke moet ingehandig word, leeg of vol, op Vrydag, 1 November 2019. Neem asseblief kennis dat die prys gaan afhang van die groepsdeelname. Tot dusver het geen Graad 7-leerling ‘n blik ingehandig nie. Maak asseblief seker dat blikke ingehandig word by die kantoor voor of op 1 November. Onthou, ‘n boete sal op verlore blikke gehef word.
Aan die res van die leerlinge
Die volgende rondte eindig 24 Januarie 2020. Dit is die week nadat die skool begin het. Dit gee julle genoeg tyd om te spaar en julle blikkies lekker vol te kry. Pryse sal volgende week aangekondig word. Hou die nuusbrief dop.
DF-groete
“Dit help nie om jou sambreel oop te maak voordat dit begin reën nie.” -Alice Caldwell Rice-
17 Oktober 2019