Oueromsendbrief 38 van 2019


Geagte Ouers

LIEF EN LEED
Dit is met groot hartseer en leed dat D.F. Malherbe van ons hoof, Mnr B.P. Stander, aan die einde van die jaar moet afskeid neem, asook van die volgende personeel:
Mev Connie Verlinden
Mev Mariana Morkel
Mev Liana Joubert
Mej Izelle Oosthuysen

Dankie vir al julle harde werk en die diep spore wat julle by DF agterlaat. Julle sal verseker gemis word.

EKSAMEN-NOVEMBER 2019
Baie sterkte vir die eksamen wat voorlê. Die skool sal vanaf vandag, 7 November 2019, vir al die graad 4-tot 7-leerlinge, om 13:00 uitkom.

WALTONS – BACK2SCHOOL
Ons herinner die ouers wat skryfbehoeftes bestel het, dat die Waltonsagent op 8 November 2019, in die voorportaal sal wees vanaf 08:00 – 10:00. U moet gedurende hierdie tyd die pakkies by haar kom afhaal.

FINANSIëLE VERGADERING
Die jaarlikse finansiële vergadering word op die 25ste en 26ste November 2019 om 18:00-18:30 gehou, te Kompas Gemeente.

KOEKVERKOPING
Baie dankie aan al die ouers wat bygedra het tot die Graad 6-koekverkoping, hetsy eetgoed of kontant. Ons weet dat u sakke leeg is na die toer, daarom waardeer ons dit des te meer! Ons samel ‘n pragtige bedrag van R4233.00 in.

“LOCKERS”
Bestaande “lockers” van 2019 moet asseblief voor of op 18 November 2019 ontruim, slotte verwyder en netjies agtergelaat word.
Leerders wat in 2020 lockers wil huur, moet van vooraf aansoek doen vanaf die 15de Januarie 2020. Aansoeke is by Mev Magriet Labuschange in die kantoor beskikbaar. Kostes beloop R300 vir die jaar.

KOOR
Die koor tree môre, 8 November 2019, tydens ‘n Kerssangdiens by Hoërskool Articon in Vaalpark op. Die verrigtinge begin om 18:00. Die leerders moet 17:30 daar wees, geklee in hul somersdrag. Al die ouers is welkom.

SKOOLFONDS
Ons vra dat u asseblief ag sal slaan op u nuutste skoolfondsrekening. Indien daar enige uitstaande gelde is, vra ons dat u dit asseblief sal vereffen. Ons bring dit weer onder u aandag dat die skoolfonds maandeliks vooruitbetaalbaar was oor 11 maande. Dus moet alle skoolgelde voor/op 29 November 2019 ten volle vereffen wees.

RUGBYRAAI
Die wenner van die rugbyraai van die 2de November 2019, is Albert Briges. Baie geluk!
Die leerders wat elk R300 ontvang het vir die meeste geld ingesamel, is Cate-Lynn Hill Gr 5O en Dené Hills, Gr 1K.

HOKKIE
Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is vir die onderskeie D8-spanne vir 2020:

Dogters 0/12: Milandri Boshoff en Amelia van Heerden
Seuns 0/12: Tertius Booyens, Jaden van Dyk, Maverick Mostert, Paul Raschke en Xian Victor
Dogters 0/13: Aneské Bezuidenhout, Uné Seyffert, Liné van den Berg en Marizaan van der Walt
Seuns 0/13: Erich van Rooyen, Danté Oosthuizen, Joshua Duvenage, Heinrich Eberwein, Wernich Tönsing, JJ Verster, Kian du Toit en Lebo Thabane

BLIKPROJEK SPAAR! SPAAR! SPAAR!
Graad 7-blikke
Al die Graad 7-leerlinge wat nog nie hulle blikke ingehandig het nie, leeg of vol, moet dit asseblief inhandig.  Neem asseblief kennis dat die prys gaan afhang van die groepsdeelname. Onthou, ‘n boete sal op verlore blikke gehef word.
Aan die res van die leerlinge: Die volgende rondte eindig 24 Januarie 2020. Dit is die week nadat die skool begin het.  Dit gee julle genoeg tyd om te spaar en julle blikkies lekker vol te kry.  
Die pryse vir ons tweede rondte is as volg:
Algehele Wenner:  R1500 geskenkbewys by Riverview Spar
Ons wil graag ook ‘n wenner uit elke graad aanwys.  Die kind wat die meeste geld kon insamel in elke graad, kry ‘n draagbare hardeskyf ter waarde van ongeveer R1000.
DUS: 7 x Graadwenners (Gr 1-7):  ‘n Draagbare hardeskyf

Baie dankie aan ons borge:
Riverview Spar vir die R1500 koopbewys.
Itec vir die 5 draagbare hardeskywe.
Nashua vir die 2 draagbare hardeskywe.

Indien enige ouer bereid is om die skool te help met ekstra borge vir pryse vir die blikprojek (dit kan kontant of enige item wees) kontak asseblief die skoolkantoor. Ons waardeer enige hulp en stel u belangstelling in die projek hoog op prys.

“Nederigheid is die waarmerk van wysheid.” -Jeremy Collier-
DF-groete
7 November 2019