Oueromsendbrief 04 van 2020


Geagte Ouers

KANTOOR
Ons kantoorblok is tans onder konstruksie. Die tydelike kantoor is tans langs die snoepie. Wees asseblief geduldig. Wanneer die bouery afgehandel is, gaan ons met ‘n baie mooi kantoor spog.

INDIVIDUELE FOTO’S
Ons gaan op Woensdag, 19 Februarie 2020, individuele foto’s van elke leerling (Graad R – Graad 7) by die skool neem. Die leerlinge moet asseblief netjies in skooldrag geklee wees. ‘n Pakket van R110 is beskikbaar (1 x A4; 1 x Jumbo; 1 x 15cm x 20cm; 1 x klasfoto; 4x ID foto’s).

KOEKVERKOPING
Baie dankie aan al die graad 3-ouers wat ruim bygedra het en behulpsaam was met die verkope. Ons samel ‘n pragtige bedrag van R15 576 in.

SKAAK
Skaakoefening vind elke Woensdag plaas, soos gereël deur die organiseerders vir elke groep. Deurlopende blootstelling aan skaak hou verskeie voordele in. Dit help baie met kinders se konsentrasie. Voorts help dit met hul abstrakte en analitiese denke.
Graad R tot 3 ouers wat hulle kinders aan skaak wil blootstel, kan Me. Leandri Viljoen (074 130 8172) kontak.

Atletiekdatums
7 FebruarieEligwa (begin 15:00)
11 FebruarieAflosaand (DP de Villiers, word aangebied deur L/S Vryheidsmonument)
12 FebruarieDriehoek byeenkoms
21 FebruarieInterlaer (Tydelik)
25 FebruarieAreakampioenskappe (Tydelik)
29 FebruarieD8-Kampioeskappe (Tydelik)
13 &14 Maart Gautengkampioenskappe (Tydelik)

Verdere inligting sal volg soos die byeenkomste plaasvind.

Atletiekoefening sal soos volg wees:
Tyd
Maandag
Dinsdag
Donderdag
13:20-14:10 (0/7-0/9)
Naellope
Naellope
Naellope
14:00-15:00
Verspring
Hekkies
Hoogspring
Gewigstoot
Verspring
Hekkies
15:00-16:00
Hoogspring
Gewigstoot
Verspring
Hekkies
Hoogspring
Gewigstoot
16:00 – 17:00
Langafstande
Langafstande
Langafstande
17:00-18:00 (0/10-0/13)
Naellope
Naellope
Naellope
Graad R oefen gedurende hul pouse.

VRYSTELLING VAN SKOOLGELDE
Subsidievorms is by Magriet in die kantoor beskikbaar. Aansoeke sluit op 28 Februarie 2020.

INTERNET-OORBETALINGS
Ons wil graag ‘n beroep op al ons ouers doen om u verwysingsnommer van internet-oorbetalings van u kind aan te dui bv. 3CRAN01. Ons het inbetalings ontvang, maar weet nie wie die kind is vir wie die geld oorbetaal is nie. Dit skep nogals probleme.

KOOR
Daar is vanaf die 7de Februarie 2020 elke Vrydag van 14:00 – 15:30 kooroefening. Slegs atlete sal verskoon word op die 7de Februarie 2020. Getroue bywoning is van kardinale belang om van die koor ‘n sukses te maak.

LOCKERS
Dit het onder ons aandag gekom dat leerlinge onder mekaar die lockers deel. Ons hou streng by die reël dat net boetie/sussie ‘n locker mag deel. Ons vra ook, indien u nog nie betaal het nie, die uitstaande gelde so gou moontlik sal vereffen – R300 vir die jaar of in 2 paaiemente van R150.

MINI-RUGBY
Die mini-rugbyoefening begin Maandag, 10 Februarie 2020 om 17:00-18:00 vir die nie-atlete. Ons nooi u uit om tydens die oefening ‘n vergadering by te woon. Ons sien daarna uit om u te ontmoet!

MINI-NETBAL
Mini-netbaloefening begin Maandag, 17 Februarie 2020. Let asseblief daarop dat o/8 en o/9 se oefentye verander het. Oefentye is soos volg;
o/7:Maandae, Dinsdae en Donderdae.
Afrigter: Mev. Corra Erasmus.
13:15 – 14: 15
o/8:Maandae, Woensdae en Donderdae.
Afrigters: Mev. Irene Smith, Mev. Lolandi de Kock en Mev Lerike Jacobs.
16:30 – 17:30
o/9:Maandae, Woensdae en Donderdae.
Afrigters: Mev Lizelle Pistorius en Mev. Olive Stumke.
16:30 – 17:30

KOPLUISE
Hierdie bly ‘n geweldige probleem!!
Daar is leerlinge se koppe wat moontlik besmet is met luise. Ons weet dat hulle beddegoed en haarborsels ook behandel MOET word. Help ons asseblief in hierdie veband. Ondersoek asseblief u kind se kop.

ONNODIG VERSPREIDING VAN FOUTIEWE INLIGTING
Die bestuur van D.F Malherbe doen ‘n ernstige beroep op al ons ouers om nie gerugte en stories lukraak te aanvaar en/of versprei nie. Kontak gerus die betrokke personeellid of vir Mnr. Purcell om die waarheid agter die insinuasies te kry. Leerders en ouers word baie seergemaak en sulke stories kan ook baie afbrekend wees. Dankie dat ons op u in hierdie verband kan staatmaak.

BLIKPROJEK
Spaar! Spaar! Spaar!

Weens die verbouings by die kantoor wat plaasvind en langer aanhou as wat ons verwag het, vra ons dat u nog nie die vol blikke vir ons stuur nie. Ons het nie plek om dit te stoor nie. Ons sal u op hoogte hou wanneer die inhandigingsdatum sal wees. Ons is jammer vir die leerders wat die blikke wou inhandig maar nie kon nie. Dit is ongelukkig buite ons beheer.

Die pryse vir ons tweede rondte is as volg:

Algehele Wenner: R1500 geskenkbewys by Riverview Spar

Ons wil graag ook ‘n wenner uit elke graad aanwys. Die kind wat die meeste geld kon insamel in elke graad kry ‘n draagbare hardeskyf ter waarde van ongeveer R1000.

DUS: 7 x Graadwenners (Gr 1-7):‘n Draagbare hardeskyf

Baie dankie aan ons borge:

Riverview Spar vir die R1500 koopbewys.
Itec vir die 5 draagbare hardeskywe.
Nashua vir die 2 draagbare hardeskywe.

Indien enige ouers bereid is om die skool te help met ekstra borge vir pryse vir die blikprojek (dit kan kontant of enige items wees) kontak asseblief die skoolkantoor. Ons waardeer enige hulp en stel u belangstelling in die projek hoog op prys.
Ons het nog ongeveer 500 blikke wat geborg moet word. Indien u belangstel en ‘n besigheid het wat u dalk wil adverteer, dit is ‘n ideale geleentheid. Kontak die skoolkantoor vir meer inligting.

DF-groete

Jou houding is ‘n klein dingetjie wat ‘n groot verskil kan maak… ~Winston Churchill~
6 Februarie 2020