Oueromsendbrief 05 van 2020


Geagte Ouers

KANTOOR
Ons kantoorblok is tans onder konstruksie. Die tydelike kantoor is tans langs die snoepie. Wees asseblief geduldig. Wanneer die bouery afgehandel is, gaan ons met ‘n baie mooi kantoor spog.

INDIVIDUELE FOTO’S
Ons gaan op Woensdag, 19 Februarie 2020, individuele foto’s van elke leerling (Graad 1 – Graad 7) by die skool neem, ons gebruik die foto’s om ook ‘n klasfoto saam te stel. Die leerlinge moet asseblief netjies in skooldrag geklee wees. ‘n Pakket van R110 is beskikbaar (1 x A4; 1 x Jumbo; 1 x 15cm x 20cm; 1 x klasfoto; 4x ID foto’s).

VALENTYNSDAG – 14 FEBRUARIE 2020
Ons vier die liefde! Leerlinge kan Vrydag, 14 Februarie 2020, gewone klere aantrek. Neem kennis, alhoewel ons die liefde vier, is dit nog steeds ‘n gewone skooldag.

SKAAK
Skaak o/9: Geluk aan die leerders wat vir die o/9-span gekies is vir 2020.
Die oefentye vir die jaar is vanaf Woensdag, 19 Februarie 2020, om 14:30 – 15:30 in Mev.B. Brits (K52) se klas.

Atletiekdatums
21 Februarie Interlaer (Tydelik)
25 Februarie Areakampioenskappe (Tydelik)
29 Februarie D8-Kampioenskappe (Tydelik)
13 & 14 Maart Gautengkampioenskappe (Tydelik)
*Die Interspan sal, soos in die verlede, gekies word op grond van die atleet se prestasies oor al die byeenkomste waarin hulle deelgeneem het.

Verdere inligting sal volg soos die byeenkomste plaasvind.

AFLOS – 11 FEBRUARIE 2020
Baie geluk aan al die aflosatlete wat Dinsdag, 11 Februarie 2020, deelgeneem het. Almal het baie goed presteer. Die o/10-dogterspan het goud verwerf! DF is trots op julle!

KOOR
Daar is elke Vrydag van 14:00 – 15:30 kooroefening. Getroue bywoning is van kardinale belang om van die koor ‘n sukses te maak.

MINI-NETBAL
Mini-netbaloefening begin Maandag, 17 Februarie 2020. Let asseblief daarop dat o/8-en o/9-dogters se oefentye verander het. Oefentye is soos volg;
o/7 : Maandae, Dinsdae en Donderdae.
15:00 – 16:00
o/8 : Maandae, Woensdae en Donderdae.
16:30 – 17:30
o/9 : Maandae, Woensdae en Donderdae.
16:30 – 17:30

RUGBY
Rugbyoefening begin Maandag, 17 Februarie 2020, vir die nie-atlete. Oefentye is soos volg;
o/9 – o/11 : 14:00 – 15:00
o/13 : Afrigters sal tye aan spelers deurgee.

VERGETE ITEMS
Ons vra ons ouers se samewerking in hierdie verband om nie “vergete items” vir u kind tydens skoolure te bring nie. Ons wil graag die leerders help om verantwoordelikheid aan te leer en self-dissipline toe te pas. Dit is ook steurend vir die onderwysers om tydens klas onderbreek te word vir u kind om die items te kom afhaal. Daarom vra ons dat u kind asseblief sy/haar tas in die aand sal pak vir die volgende dag en seker maak hulle het alles wat hulle nodig het vir die dag soos bv. kos vir pouse, koeldrank, boeke, take, ensovoorts.

BLIKPROJEK
Spaar! Spaar! Spaar!

Weens die verbouings by die kantoor wat plaasvind en langer aanhou as wat ons verwag het, vra ons dat u nog nie die vol blikke vir ons stuur nie. Ons het nie plek om dit te stoor nie. Ons sal u op hoogte hou wanneer die inhandigingsdatum sal wees. Ons is jammer vir die leerders wat die blikke wou inhandig maar nie kon nie. Dit is ongelukkig buite ons beheer.

Die pryse vir ons tweede rondte is as volg:

Algehele Wenner: R1500 geskenkbewys by Riverview Spar

Ons wil graag ook ‘n wenner uit elke graad aanwys. Die kind wat die meeste geld kon insamel in elke graad kry ‘n draagbare hardeskyf ter waarde van ongeveer R1000.

DUS: 7 x Graadwenners (Gr 1-7):‘n Draagbare hardeskyf

Baie dankie aan ons borge:

Riverview Spar vir die R1500 koopbewys.
Itec vir die 5 draagbare hardeskywe.
Nashua vir die 2 draagbare hardeskywe.

Indien enige ouers bereid is om die skool te help met ekstra borge vir pryse vir die blikprojek (dit kan kontant of enige items wees) kontak asseblief die skoolkantoor. Ons waardeer enige hulp en stel u belangstelling in die projek hoog op prys.
Ons het nog ongeveer 500 blikke wat geborg moet word. Indien u belangstel en ‘n besigheid het wat u dalk wil adverteer, dit is ‘n ideale geleentheid. Kontak die skoolkantoor vir meer inligting.
VRYSTELLING VAN SKOOLGELDE
Subsidievorms is by Magriet in die kantoor beskikbaar. Aansoeke sluit op 28 Februarie 2020.

DF-groete

Waarom altyd wag op resultate as ons ander gehelp het? Is die vermoë om te help nie reeds ‘n voorreg nie? ~Stella Seyffert~
13 Februarie 2020